Gaan na inhoud

Adolf Hitler

Vanuit Wikiquote
Ek wil oorlog hê. Vir my is alle middele reg. My leuse is nié 'moenie, wat jy ook al doen, die vyand onthuts nie'. My leuse is 'vernietig hom met enige en alle middele.' Ek is die een wat die oorlog sal voer!

Adolf Hitler (20 April 1889 – 30 April 1945) was 'n Duitse politikus en leier van die Naziparty (Nationalsozialistische Deutsche Arbeiterpartei; NSDAP), Duitse kansellier van 1933 tot 1945, en Führer ("Leier") van Nazi-Duitsland van 1934 tot 1945. Die Tweede Wêreldoorlog het tydens sy diktatorskap uitgebreek, en spesifiek met sy inval in Pole in September 1939. Hy was ook die dryfveer agter die Sjoa.

Aanhalings

[wysig]

1910's

[wysig]
  • Antisemitisme wat op suiwer emosionele gronde berus sal altyd sy uiteindelike uiting in die vorm van pogroms vind. 'n Rasionele antisemitisme moet egter lei tot 'n stelselmatige regsproses vir die uitskakeling van Joodse bevoorregting. ... Die uiteindelike doel moet tewens die onomkeerbare uitskakeling van die Jode in die breë wees.
    • Brief (16 September 1919), aangehaal in Eberhard Jäckel, Hitler's World View: A Blueprint for Power (Harvard University Press, 1981), p. 48
  • Ons stryd is teen geld. Werk alleen gaan ons help, nié geld nie. Ons moet renteslawerny verpletter. Ons stryd is teen die rasse wat geldmag verteenwoordig.
    • Toespraak by die Zum Deutschen Reich-saal (18 Desember 1919), aangehaal in Thomas Weber, Becoming Hitler: The Making of a Nazi (Basic Books, 2017), p. 138. Polisieverslag van 'n DAP-vergadering, SAM, DPM/6697

1920's

[wysig]
  • Sosialisme as die finale pligsbeginsel, die etiese werksbeginsel, nié bloot vir jouself, maar ook vir jou medemens se onthalwe, en boweal dié beginsel: gemenebes voor eie gewin, 'n stryd teen alle parasitisme en veral teen gemaksugtige en onverdiende inkomste. En ons is bewus dat ons in hierdie stryd op niemand anders as ons eie mense kan staatmaak nie. Ons is oortuig dat sosialisme in die ware sin slegs haalbaar is in nasies en rasse wat Aries is, en daar hoop ons in die eerste plek vir ons eie mense en is oortuig dat sosialisme nie van nasionalisme geskei kan word nie.
    • "Hoekom Ons Anti-Semiete Is," toespraak van 15 Augustus 1920 in die Hofbräuhaus, München. Ook vertaal as "Why Are We Anti-Semites?" uit die Vierteljahrshefte für Zeitgeschichte, 16de Jaargang, 4de H. (Oktober 1968), pp. 390-420. Onder redaksie van Carolyn Yeager. [1]
  • Die gemenebes voor eie voordeel. (Gemeinnutz geht vor Eigennutz)
    • “Die Nazi 25-punt Program,” Hitler se toespraak oor die party se program (24 Februarie 1920) in München, Duitsland. Nazi Ideology Before 1933: A Documentation, Barbara Miller Lane, ‎Leila J. Rupp, inleiding en vertaling, Manchester University Press (1978) p. 43.
  • Aangesien ons sosialiste is, moet ons noodwendig ook anti-semiete wees want ons wil stry teen presies die teenoorgestelde: materialisme en mammonisme... Hoe kan jy as sosialis nie 'n anti-semiet wees nie!
    • "Hoekom Ons Anti-Semiete Is," toespraak van 15 Augustus 1920 in die Hofbräuhaus, München. "Why Are We Anti-Semites?", vertaal uit die Vierteljahrshefte für Zeitgeschichte, 16de Jaargang, 4de H. (Oktober 1968), pp. 390-420. Onder redaksie van Carolyn Yeager. [2]
  • Want dit skyn onskeibaar van die sosiale idee te wees en ons glo nie dat daar ooit 'n staat met blywende interne welstand kan bestaan as dit nie op interne sosiale geregtigheid gebou is nie, en derhalwe het ons met hierdie begrip bande gesmee.
    • "Hoekom Ons Anti-Semiete Is," toespraak van 15 Augustus 1920 in die Hofbräuhaus, München. "Why Are We Anti-Semites?", vertaal uit die Vierteljahrshefte für Zeitgeschichte, 16de Jaargang, 4de H. (Oktober 1968), pp. 390-420. Onder redaksie van Carolyn Yeager. [3]
  • Die Jode het ware genialiteit openbaar in die aanwending van politiek tot eie voordeel. Hierdie kapitalistiese nasie wat deur gewetenlose uitbuiting van mense op die been gekom het, verstaan ​​hoe om die bestuur van die Vierde Mag in te palm; en deur regs sowel as links te handel, het dit sy apostels in albei kampe. Regs het die Jood sy bes gedoen om alle denkbare onheil dermate aan te por dat die landsburger, arme drommel, tot volslae radeloosheid gedryf word deur hul geldgierigheid, gewetenloosheid, kilhartigheid en afstootlike snobisme. En 'n toenemende getal Jode kon hulle by ons hoëlui inwurm, met die nagevolg dat die regerende klas van sy eie mense vervreem is.
    • Toespraak in April 1922, soos aangehaal in A History of National Socialism, deur Konrad Heiden, Methuen & Company Ltd, Londen: VK, 1934, p. 58.
  • Slegs twee moontlikhede bestaan in Duitsland; en moet jou nie vergis dat die bevolking vir altyd by die middelparty, die party van kompromieë sal volstaan nie; eendag sal die volk hul wend tot diegene wat die komende ruïnasie mees konsekwent voorspel het, én gestreef het om hul daarvan te distansieer. En daardie party is óf die linkse party: en dan kan God alleen ons help! want dit sal ons lei tot volkome ondergang – na bolsjewisme, of ándersins is dit 'n regse party wat eindelaas, wanneer die volk in uiterste wanhoop verkeer, wanneer dit al sy geesdrif ingeboet het en op niks verder kan staatmaak nie, opsigself vasbeslote is om die leisels van mag meedoënloos aan te gryp – wat naamlik die begin van die weerstand is wat ek enkele minute gelede geopper het. Ook hierin kan geen kompromie bestaan nie, want daar is maar twee uitkomste: hetsy oorwinning van die Ariër, óf uitdelging van die Ariër en hegemonie van die Jood.
  • En as ons vra wie vir ons ellende verantwoordelik was, moet ons onsself afvra wie by ons ineenstorting baatgevind het. En die antwoord op hierdie vraag is dat banke en aandelebeurse meer floreer as ooit tevore. Ons is wysgemaak dat kapitalisme vernietig sou word, en toe ons hierdie of daardie beroemde staatsman daaraan wou herinner dat Jode ook kapitaal het, was hul antwoord: 'Waaroor bekommer jy jou? Kapitalisme word nou grondig vernietig en die hele volk sal nou vry wees. Ons beveg nie Joodse of Christelike kapitalisme nie, maar bloot kapitalisme: ons maak die mense in geheel vry.' ... Dit is slegs die internasionale aandelebeurs en leningskapitaal, die sogenaamd 'suprastaatlike' kapitaal, wat by die ineenstorting van ons ekonomiese lewe baatgevind het, die kapitaal wat sy karakter aan die enkele suprastaatlike nasie ontleen, wat opsigself streng nasionaal is maar hulself bó alle ander nasies ag, wat hulself bo ander nasies aanstel en reeds oor hulle heers. Die internasionale aandelebeurs sou ondenkbaar gewees het, sou nooit tot stand gekom het sonder die stigters daarvan, die supra-nasionale en tog intens nasionale Jode nie.
  • 'Nasionaal' en 'sosiaal' is twee identiese begrippe. Die Jood alleen het egter daarin geslaag om die sosiale idee te vervals en dit as Marxisme aan te bied, en nié net deur die sosiale van die nasionale idee te skei nie, maar deur hulle as't ware in opposisie te stel.
  • By die oprigting van hierdie beweging het ons die besluit geneem om uiting te gee aan hierdie idee van ons, naamlik 'n identiteit bestaande uit twee konsepte. In weerwil van alle aanmanings, op die grondslag van wat ons glo, en op die grondslag van die opregtheid van ons wil, het ons dit "nasionaal-sosialisties" gedoop. Ons het vir onsself gesê dat om 'nasionaal' te wees in die eerste instansie beteken om kragtens 'n grenslose en allesomvattende liefde vir die volk te handel en, indien nodig, selfs daarvoor te sterf. Soortgelyk behels 'sosiaal' die opbou van die staat en die volksgemeenskap, waar indiwidue in die belang van die volksgemeenskap optree, en sodanig van die deugsame en eerbare beginselvastheid van hierdie volksgemeenskap oortuig is, dat iedereen gereed staan om daarvoor te sterf.
  • En daar bestaan nie iets soos klasse nie: daar kán nie. Klas beteken kaste en kaste beteken ras. As daar kaste in Indië bestaan, goed en wel; daar is dit moontlik omdat daar voorheen Ariërs en die donker inheemses was. So was dit ook in Egipte en in Rome. Maar by ons in Duitsland waar elke Duitser dieselfde bloed het, dieselfde oë het en dieselfde taal praat, hier kan daar geen klasse wees nie; hier kan daar net een enkele volk wees en verder niks meer nie.
  • Sodra ek daadwerklike mag besit, sal my eerste en vernaamste taak die uitwissing van die Jode wees. Sodra ek die mag daartoe het, sal ek galge in rye oprig – by die Marienplein in München byvoorbeeld – soveel as die verkeer toelaat. Dan sal die Jode sonder uitsondering gehang word, en hulle sal bly hang totdat hulle stink; hulle sal daar hang solank die beginsels van higiëne dit toelaat. Sodra hulle losgemaak is, sal die volgende groep opgehang word, en so met die ry af, totdat die laaste Jood in München uitgewis is. Ander stede sal die voorbeeld volg, op presies dieselde wyse, totdat Duitsland in geheel van die Jode gereinig is.
  • As die Nasionaal-Sosialistiese Beweging sou nalaat om die fundamentele belang van hierdie grondbeginsel [d.i. ras] te begryp, as dit bloot die eksterne voorkoms van die huidige staat sou vernis en die meerderheidsbeginsel sou aanhang, sal dit niks meer bereik as om Marxisme op hul eie voorwaardes aan te vat nie.
    • Mein Kampf, Band 2, Hoofstuk IV, “Persoonlikheid en Ideaal van die Volkstaat,” in Engels vertaal deur Marco Roberto, MVR, 2015, p. 33, eerste publikasie 1926
  • In ons beweging het twee ekstreme mekaar gevind: die kommuniste van die linksgesindes, en die offisiere en studente van die regsgesindes. Hierdie twee was nog altyd die mees aktiewe elemente.
    • Soos aangehaal in Der Fuehrer Hitler’s Rise to Power, Konrad Heiden, Boston, MA, Beacon Press, 1969, p. 147, eerste publikasie in 1944. Ook aangehaal in Totalitarianism: Part Three of The Origins of Totalitarianism, Hannah Arendt, A Harvest Book, 1985, voetnota op p. 7

Tweede boek (1928)

[wysig]
Aanlyn by die internetargief
  • Die Nasionaal-Sosialistiese Beweging, aan die teenkant, sal altyd sy buitelandse beleid laat lei deur die noodsaaklikheid vir sekurering van die ruimte wat vir die lewe van ons volk nodig is. Dit ken geen germanisering of teutonisering soos in die geval van die nasionale burgery nie, maar slegs die uitbreiding van sy eie volk. Dit sal nooit in die onderworpe, sogenaamd gegermaniseerde Tjeggiërs of Pole 'n nasionale, laat staan nog volkiese aanwins sien nie, maar slegs die degenerasie van die volksras.
  • Die Volkstaat daarenteen, moet onder geen omstandighede Pole annekseer met die bedoeling om eendag Duitsers van hulle te maak nie. In teendeel moet dit die oortuiging laat posvat om hierdie volksvreemde raselemente af te seël, sodat die bloed van sy eie volk nie opnuut gekorrupteer word nie, óf dit moet hulle sonder uitstel verwyder en die ontvolkte gebied oordra aan sy eie nasionale kamerade.
  • Die Jodedom is 'n volk waarvan die rasbasis nie 'n volkome eenvormigheid presenteer nie. Nietemin beskik dit as volk oor spesifieke intrinsieke eienskappe wat dit onderskei van alle ander volke wat die wêreld bewoon. Alhoewel Jodedom nie 'n religieuse gemeenskap is nie, staan hul onderlinge religieuse band in as die daaglikse reglement van hul Joodse volk. Die Jode het nog nooit oor 'n territoriaal afgebakende staat van hul eie beskik soos dié van die Ariese state nie. Nietemin vorm hierdie religieuse gemeenskap 'n werklike staat, aangesien dit die behoud, die aanwas en die toekoms van die Joodse volk waarborg. Voorgenoemde is naamlik die taak van die staat alleen. Dat die Joodse staat aan geen territoriale beperking onderworpe is, soos die geval by Ariese state is nie, staan verbonde met die karakter van die Joodse volk, wat ontbreek aan produktiewe kragte vir die oprigting en preservering van sy eie territoriale staat.
  • Weens die gebrek aan 'n eie produktiewe arbeidsvermoë kan die Joodse volk nie die vestiging van 'n staat in die territoriale sin verwesenlik nie, maar bly dit vir sy selfonderhoud afhanklik van die werk en kreatiewe aktiwiteite van ander nasies. Die voortbestaan van die Jood bestaan dan daaruit om homself parasities te vestig binne die lewens van ander volke. Die uiteindelike doelwit van die Joodse stryd om bestaan is die verslawing van produktiewe volke. Ten einde hierdie doelwit te verwesentlik, wat altoos die behoud van die Jodedom in sy bestaanstryd verseker het, maak die Jood gebruik van alle wapens in ooreenstemming met die hele samestelling van sy karakter. Sodoende sal hy in die binnelandse politiek van die indiwiduele nasies eerstens veg vir gelyke regte en later vir spesiale regte. Die karaktertrekke van sluheid, intelligensie, skerpsinnigheid, ondeugsaamheid, veinsery, endiesmeer, gewortel in sy volksaard, dien as sy wapens tot hierdie doeleinde. Hulle is netsoveel taktieke in sy oorlewingstryd as taktieke van ander volke in strydvoering. In buitelandse beleid poog hy om nasies in 'n toestand van onrus te bring, om hul aandag af te lei van hul ware belange, en om hulle in wedersydse oorloë te dompel, en om sodoende gaandeweg 'n posisie van meesterskap oor hulle te verkry met die aanwending van geldmag en propaganda. Sy einddoelwit is denasionalisasie, die promiskue verbastering van ander volke, die afskaling van die rasbydrae van die hoogste volke, sowel as die oorheersing van hierdie rasmengelmoes deur die uitroeiing van die volksintelligentsia en die vervanging daarvan deur lede van sy eie volk.
  • Politiek is die maak van geskiedenis.
  • Zu einer solchen weisen Maßnahme waren einst Spart[j]aken [sie] fähig, aber nicht unser heutiges, verlogen sentimentales, bürgerlich-patriotisches Zeug. Die Herrschaft der 6000 Spartaner über 3 1/2 Hunderttausend Heloten war nur denkbar infolge des rassischen Hochwertes der Spartaner. Dieser aber war das Ergebnis einer planmäßigen Rasseerhaltung, so daß wir im spartanischen Staat den ersten völkischen zu sehen haben. Die Aussetzung kranker, schwächlicher, mißgestalteter Kinder, d. h. also deren Vernichtung, war menschenwürdiger und in Wirklichkeit tausendmal humaner als der erbärmliche Irrsinn unserer heutigen Zeit, die krankhaftesten Subjekte zu erhalten, und zwar um jeden Preis zu erhalten, und hunderttausend gesunden Kindern infolge der Geburtenbeschränkung oder durch Abtreibungsmittel das Leben zu nehmen, in der Folgezeit aber ein Geschlecht von mit Krankheiten belasteten Degeneraten heranzuzüchten. [4]
  • Eens op 'n tyd was die Spartane tot so 'n wyse maatreël in staat, maar nié ons eietydse leuenagtig-sentimentele en burgerlik-patriotiese gespuis nie. Die heerskappy van sesduisend Spartane oor driehonderd en vyftig duisend Helote was slegs denkbaar ingevolge die hoë raswaarde van die Spartane. En dit was die resultaat van sistemiese raspreservering, sodat Sparta beskou moet word as die eerste Volkstaat. Die blootstelling van siek, swak en wanskape kinders, kortom hul uitwissing, was meer opreg en inderwaarheid 'n duisend maal meer menslik as die verderflike absurditeit van ons dag waar behoud van die mees patologiese subjekte, inderdaad teen enige prys, nagestreef word, om nogtans die lewe te neem van 'n honderd duisend welgeskape kinders deur die toedoen van geboortebeperking en aborsies, ten einde 'n gebreklike ras te genereer wat oorlaai is met siektes.
    • In Engels vertaal in Hitler's Secret Book (1961) Grove Press uitgawe, pp. 8-9 en 17-18.

1930's

[wysig]
  • Ons gekose benaming 'Sosialis' het niks gemeen met Marxistiese Sosialisme nie. Marxisme is teen eienaarskap; ware sosialisme is nie.
    • Adolf Hitler, Sunday Express, 28 September 1930; aangehaal in The Rise of Fascism deur F.L. Carsten, p. 137
  • Watter reg het hierdie mense [d.i. werkers] om 'n aandeel in eienaarskap of selfs administrasie te eis?... Die werkgewer wat die verantwoordelikheid vir produksie dra, verskaf ook aan die werkmense hul lewensmiddele. Ons grootste industrialiste is nie behep met die verkryging van welvaart of 'n goeie lewe nie, maar bowenal met verantwoordelikheid en gesag. Hulle het hul pad na bo oopgewerk deur hulle eie aanleg, en hierdie bewys van hul bekwaamheid – 'n bekwaamheid wat slegs by 'n hoër ras manifesteer – bied aan hulle die reg om te lei.
  • Om dit duidelik te stel: ons het 'n ekonomiese program. Punt nr. 13 in daardie program vereis die nasionalisering van alle publieke maatskappye, met ander woorde sosialisering, of wat hier bekend staan as [regse] sosialisme. … die grondbeginsel van my party se ekonomiese program moet volkome duidelik gemaak word en dit is die beginsel van baasskap … die voordeel van die gemeenskap geniet [egter] voorrang bo dié van die indiwidu. Maar die staat moet beheer behou; elke eienaar moet homself sien as 'n agent van die staat; dit is sy plig om nié sy besittings tot nadeel van die staat of die belange van sy medelandsburgers aan te wend nie. Dit is die kernbeginsel. Die Derde Ryk sal altyd die reg voorbehou om eienaarskap van eiendom te beheer. As jy sê dat die burgery hul hare uittrek oor die vraagstuk van privaateiendom, dan kwel dit my allermins. Moet hulle enige tegemoetkoming van my verwag?… Die burgery van vandag is tot op die been bedorwe, dit het geen ideale meer nie; hul enigste oogmerk is om meer geld te verdien en daarom rig hulle my soveel skade aan as hulle kan. Hulle pers berokken my ook skade en is bereid om my en my beweging aan die duiwel toe te dig.
    • Hitler se onderhoud met Richard Breiting in 1931, gepubliseer onder redaksie van Edouard Calic, “First Interview with Hitler, 4 May 1931,” Secret Conversations with Hitler: The Two Newly-Discovered 1931 Interviews, New York: John Day Co., 1971, pp. 31-33. Ook gepubliseer onder die titel Unmasked: Two Confidential Interviews with Hitler in 1931, gepubliseer deur Chatto & Windus in 1971
  • Ek sal geen opposisie duld nie. Ons erken slegs subordinasie – gesag afwaarts en verantwoordbaarheid opwaarts. Jy kan die Duitse burgery vertel dat ek gouer met hulle sal klaarspeel as met marxisme ... Sodra die konserwatiewe magte in Duitsland besef dat slegs ek en my party in staat is om die Duitse werkerklas vir die staat te wen en dat geen parlementêre speletjies met marxistiese partye moontlik is nie, dan sal Duitsland vir altyd geredde wees, en kan 'n Duitse Volkstaat tot stand gebring word.
    • Hitler se onderhoud met Richard Breiting, 1931, gepubliseer onder redaksie van Edouard Calic, “First Interview with Hitler, 4 May 1931,” Secret Conversations with Hitler: The Two Newly-Discovered 1931 Interviews, New York: John Day Co., 1971, pp. 36-37. Ook gepubliseer onder die titel Unmasked: Two Confidential Interviews with Hitler in 1931, gepubliseer deur Chatto & Windus in 1971
  • Dis noodsaaklik om 'n fundamentele idee van my party se ekonomiese program duidelik uit te lig; die idee van baasskap. Ek wil baasskap behou; Ek wil hê dat elkeen die eiendom behou wat hy vir homself bekom het volgens die beginsel: Voordeel aan die gemeenskap geniet voorrang bo voordeel vir die indiwidu. Maar die staat moet oorsig behou en elke eienaar van eiendom moet homself sien as een wat deur die staat aangestel is. Dit is sy plig om nié sy eiendom teen die beste belange van ander van sy eie mense aan te wend nie. Dit is die kruks van die saak. Die Derde Ryk sal altyd die reg voorbehou om eienaarskap van eiendom te beheer.
  • Oor die laaste veertig jaar was die Duitse burgery 'n klaaglike mislukking; dit het nie aan die Duitse mense 'n enkele leier opgelewer nie; dit sal sonder voorbehoud moet buig voor die totaliteit van my ideologie… Die burgery regeer deur intrige, maar dit kan geen vastrapplek in my beweging kry nie, want ons aanvaar geen Jode of Joodse meelopers in ons geledere nie.
    • Hitler se onderhoud met Richard Breiting in 1931, gepubliseer onder redaksie van Edouard Calic in “First Interview with Hitler, 4 May 1931,” Secret Conversations with Hitler: The Two Newly-Discovered 1931 Interviews, New York: John Day Co., 1971, p. 22. Ook gepubliseer onder die titel Unmasked: Two Confidential Interviews with Hitler in 1931, gepubliseer deur Chatto & Windus in 1971
  • Hierdie ganse bouwerk van die beskawing is in sy fondasies en in al sy boustene niks anders nie as die eindproduk van die kreatiewe vermoë, die welslae, die intelligensie en die ywer van indiwidue: in sy vernaamste seges deur grootse skeppingswerke van sonderlinge Godsbegunstigde genieë, en in middelmatige prestasies deur die werke van gemiddeld-begaafde manne verteenwoordig, wat in samevatting die ongetwyfelde doelwit is van die aanwending van menslike arbeidsmag, ten einde 'n rendement te lewer op die meriete van genialiteit en van talent. Dit volg dan net natuurlik dat wanneer die bekwame skranderheid van 'n nasie, wat altoos 'n minderheid vorm, as slegs van dieselde waarde as al die orige geag word, dat genialiteit, kapasiteit en die waarde van persoonlikheid mettertyd onderwerp word aan die meerderheid, en hierdie proses word dan valslik "regering deur die mense" genoem. Want dit is nié regering deur die mense nie, maar in werklikheid regering deur onnoselheid, van middelmatigheid, van halfhartigheid, van lafhartigheid, van swakheid en van ontoerykendheid. [...] Derhalwe moet dit van meet af aan erken word dat in die vertakkinge van die ekonomiese sfeer, manne nie oral van gelyke waarde of van gelyke belang is nie. En sodra dít erken word is dit waansin om te sê: in die ekonomiese sfeer bestaan daar ongetwyfeld verskille in waarde, maar dit word nie in die politieke sfeer weerspieël nie. Dit is absurd om die hiërargie van ekonomiese lewe te baseer op die konsepte van prestasie, die waarde van persoonlikheid, en derhalwe die erkenning van geság van persoonlikheid, terwyl die gesag van persoonlikheid in die politieke sfeer ontken word, net om deur die wet van die meerderheid – demokrasie – verdring te word.
    • Toespraak voor die Nywerheidsklub op 21 Januarie 1932, soos aangehaal in The Speeches of Adolf Hitler, April 1922 – August 1939 (1994) deur Norman Hepburn Baynes, Oxford University Press, pp. 783-787
  • Die Gegner werfen uns Nationalsozialisten vor, und mir insbesonders, das wir intolerante unverträgliche Menschen seien. Wir wollen, sagen sie, mit anderen Parteien nicht arbeiten. Und ein [...] Politiker verschärft das noch indem er sagt: "Die Nationalsozialisten sind überhaupt nicht deutsch, denn sie lehnen die Arbeit mit anderen Parteien ab." Also ist es typisch deutsch dreiẞig Parteien zu besitzen. [...] Die Herren haben ganz recht. Wir sind intolerant. Ich habe mir ein Ziel gestellt, nämlich die dreissig Parteien aus Deutschland hinwegzufegen.
  • Die opposisie beskuldig die Nasionaal-Sosialiste, en my insbesonder, daarvan dat ons onverdraagsame, ontegemoetkomende mense is. Ons wil, so sê hulle, nie met ander partye saamwerk nie. En 'n [sekere] politikus benadruk dit nog deur te sê: "Die Nasionaal-Sosialiste is hoegenaamd nie Duits nie, omdat hulle samewerking met ander partye afwys." Dit is dan kwansuis tipies Duits om dertig partye te hê. ... Hierdie here het dit heeltemal reg. Ons ís onverdraagsaam. Ek het dit naamlik vir my ten doel gestel, om die dertig partye uit Duitsland weg te vee.
    • Toespraak in aanloop tot die Reichstagverkiesing van 1932, waar Hitler voorneem om die veelpartystelsel na 'n verkiesingsoorwinning af te skaf, YouTube video: Aufstellung der Parteijugend, 1930.
  • Duitse volksgenote, my Duitse arbeiders, ek is uit julself voortgebring. Ek het self tussen julle gestaan. Tydens die vier en 'n half jare van oorlog was ek in jul midde, en het my dan deur vlyt, deur selfonderrig en mag ek sê ook ontbering, mettertyd opgehef. In my innerlike wese het ek egter altyd gebly wat ek vooraf was. ...
       Die struwelinge tussen die mense en hul onderlinge haat word gestook deur 'n besonder spesifieke belangegroep. Dit is 'n klein, wortellose, internasionale kliek wat volke teen mekaar ophits, wat nie gedoog dat hulle vrede ervaar nie. Dit is die mense wat sowel nêrens as oral tuis is, wat nêrens 'n grondgebied het waarop hulle opgegroei het nie, maar vandag in Berlyn woon, more in Brussel kan wees, Parys die dag daarna, en dan weer in Praag of Wene of Londen, en wat hulself oral tuis voel. [Man in die gehoor skree 'Jode!!'] Hulle is die enigstes wat as werklik internasionale elemente getakseer kan word want hulle bedryf hul besigheid oral, maar die volk kan hulle nie daarin navolg nie. Die volk is verbonde aan hul grond, verbonde aan hul vaderland en afhanklik van die lewensmoontlikhede wat die staat, die nasie, aan hulle bied. ...
       Dit was nie 'n intellektuele klas wat my die moed gegee het om hierdie reusetaak aan te durf nie. Maar dit kan ek sê, dié inspirasie kon ek net vind omdat ek met twee gemeenskappe bekend was, die landbouers en die arbeiders. ...
       Besmoontlik is daar etlike onder julle wat my daarvoor verkwalik dat ek die Marxistiese Party vernietig het. Maar my volk, ek het die ander presies so vernietig!
  • Die Verdrag van Versailles en die Verdrag van St Germain word in Duitsland deur bolsjewisme aan die lewe gehou. Hierdie vredesverdrae en bolsjewisme is twee koppe van dieselde monster, en ons moet albei onthoof.
  • In my bloudruk vir die Duitse staat word geen voorsiening vir die uitlander gemaak nie. Nóg gaan dit 'n behoefte aan die niksnuts hê, of aan die winsjagter of spekulant, of enigiemand wat nie produktiewe werk kan verrig nie.
  • Sosialisme is die wetenskaplike omgaan met die gemenebes. Kommunisme is nie sosialisme nie. Marxisme is nie sosialisme nie. Die Marxiste het die term gesteel en die betekenis daarvan verwar. Ek sal sosialisme wegneem van die sosialiste. Sosialisme is 'n antieke Ariese, Germaanse instelling. Ons Germaanse voorvaders het sekere lande gemeenskaplik besit. Hulle het die idee van die gemenebes bevorder. Marxisme het geen reg om homself as sosialisme voor te doen nie. Sosialisme, in teenstelling met Marxisme, verwerp nie privaatbesit nie. Anders as Marxisme, behels dit geen ontkenning van persoonlikheid nie, en in teenstelling met Marxisme is dit patrioties. Ons kon onsself ook die Liberale Party genoem het, maar ons het verkies om onsself die Nasionaal-Sosialiste te noem. Ons is nie internasionaliste nie. Ons sosialisme is nasionaal. Ons eis die nakoming van die regverdige eise van die produktiewe klasse deur die staat op die grondslag van ras-solidariteit. Vir ons is staat en ras een begrip.
  • Wenn deine Mutter alt geworden,
    und älter du geworden bist,
    wenn ihr, was früher leicht und mühlos,
    nunmehr zur Last geworden ist,
    wenn ihre lieben, treuen Augen,
    nicht mehr wie einst ins Leben seh'n,
    wenn ihre Füße, kraftgebrochen,
    sie nicht mehr tragen woll'n mein Geh'n,
    dann reich ihr deinen Arm zur Stütze,
    geleite sie mit froher Lust,
    die Stunde kommt, da du sie weinend
    zum letzten Gang begleiten musst.
    Und fragt sie dich, so gib ihr Antwort,
    und fragt sie wieder, - sprich auch du,
    und fragt sie nochmals, - steh' ihr Rede,
    nicht ungestüm, in sanfter Ruh!
    Und kann sie dich nicht recht verstehen,
    erklär ihr alles frohbewegt,
    die Stunde kommt, die bitt're Stunde,
    da dich ihr Mund nach nichts mehr frägt.
  • Wanneer jou moeder oud geword het
    en met haar so ook jy,
    Wanneer dit wat eens maklik en moeiteloos was
    nou eindelaas 'n las geword het,
    Wanneer haar liewe, troue oë
    nie meer soos eens in haar lewe sien nie,
    Wanneer haar moeë voete
    haar nie meer wil dra as sy staan nie,
    reik dan jou arm uit om op te leun,
    en begelei haar met bly gemoed.
    Die uur kom wanneer jy haar bedroefd,
    sal neem op 'n laaste wandeling.
    En as sy jou vra, gee haar 'n antwoord
    En as sy weer sou vra, luister!
    En as sy jou weer sou vra, neem haar woorde in
    nie met ongeduld, maar met tere meegevoel!
    En as sy jou nie reg kan verstaan nie,
    verklaar alles aan haar met gelatenheid.
    Want die uur sal kom, die bitter uur
    wanneer haar mond na niks meer vra nie.
    • Adolf Hitler, "Denk' es!" (Herinner jouself!) 1923, eerste keer in Sonntag-Morgenpost gepubliseer (14 Mei 1933).
  • Ek het simpatie met mnr. Roosevelt, want hy marsjeer regoor die kongres, drukgroepe en burokrasie na sy doelstellings. [Hitler het bygevoeg dat hy die enigste leier in Europa was wat die metodes en motiewe van president Roosevelt verstaan.]
    • [5] New York Times 1934, soos aangehaal uit: Adolf Hitler: The Definitive Biography (1976) John Toland
  • Es wird stets nur ein Teil eines Volkes aus wirklich aktiven Kämpfern bestehen, und von ihnen wird mehr gefordert, als von den Millionen der übrigen Volksgenossen. Für sie genügt nicht die blosse Ablegung des Bekenntnisses: «Ich glaube»; sondern der Schwur: «Ich kämpfe!»
  • Dit sal altyd net 'n breukdeel van 'n volk wees wat uit aktiewe stryders bestaan, en van hulle word meer geëis as van hul miljoene orige volksgenote. Vir hulle is die blote aflegging van die bekentenis, "Ek glo", nie toerykend nie, maar slegs die eed "Ek sal stryd voer!"
    • Toespraak tydens die Sesde Nazi-party Kongres te Nüremberg op 8 September 1934 [6].
      Die film Triomf van die Wil bevat videomateriaal van hierdie uitspraak.
  • Wat 'n man opoffer in die stryd om sy volk, offer 'n vrou op in haar stryd om die behoud van hierdie volk in indiwiduele gevalle. Wat 'n man oplewer in heroïese heldemoed op die slagveld, lewer 'n vrou in haar ewig-geduldige toewyding, in haar ewig-geduldige lyding en volharding. Elke kind waaraan sy geboorte skenk is 'n stryd wat sy voer om haar volk se lotvallige vraagstuk, van bestaan aldan nié.
  • Waarom moet ons die hele wêreld se aandag daarop vestig dat ons geen verlede het nie? Dis nie genoeg dat die Romeine reeds groot geboue opgerig het toe ons voorvaders nog modderhutte bewoon het nie; nou begin Himmler hierdie strooisdorpe opgrawe en raak in vervoering oor elke potskerf en klipbyl wat hy opdiep. Al wat ons daarmee bewys, is dat ons nog steeds handbyle gegooi het en rondom oop vure gehurk het toe Griekeland en Rome reeds die hoogste sport van kultuur bereik het. Ons moet ons bes doen om stil te bly oor hierdie verlede. In plaas daarvan maak Himmler 'n groot ophef van dit alles. Die hedendaagse Romeine sal hulle amuseer oor hierdie openbarings.
    • Uitspraak oor Heinrich Himmler se erfenisprojekte wat in 1935 onder voogdyskap van die Ahnenerbe-beweging geplaas is, soos aangehaal in Inside the Third Reich: Memoirs by Albert Speer, in Engels vertaal deur Richard Winston en Clara Winston (New York: Macmillan, 1970), pp. 94-95
  • Die Duitsland van vandag is 'n nasionaal-sosialistiese staat. Die ideologie wat ons bestier staan diametries teenoor dié van Sowjet-Rusland. Nasionaal-sosialisme is 'n leerstelling wat uitsluitlik op die Duitse volk betrekking het. Bolsjewisme lê klem op 'n internasionale memorandum. Ons, die Nasionaal-Sosialiste, glo dat 'n man op die langeduur net onder sy eie mense gelukkig kan wees. Ons is daarvan oortuig dat die geluk en die prestasies van Europa onafwendbaar gekoppel is aan die voortsetting van die stelsel van onafhanklike en vrye nasionale state. Bolsjewisme preek die vestiging van 'n wêreldryk en erken slegs lidmaatskap van 'n sentrale internasionaal. Ons Nasionaal-Sosialiste bied elkeen die reg op sy eie innerlike lewe volgens sy behoeftes en sy eie geaardheid. Bolsjewisme daarenteen, lê leerstellige teorieë neer wat deur alle mense aanvaar moet word, ongeag hul besondere wese, hul besondere aard, tradisies, ensomeer. Nasionaal-sosialisme lig die oplossings uit vir sosiale probleme, kwessies en spanninge in ons eie nasie, met metodes wat in ooreenstemming is met ons gemeenskaplike menslike, geestelike, kulturele en ekonomiese oortuigings, tradisies en omstandighede.
       Bolsjewisme preek die internasionale klassestryd, die internasionale wêreldrewolusie met die wapens van terreur en van geweld. Nasionaal-sosialisme veg vir die versoening en gevolglike korreksies van lewensverskille en die samebinding van almal vir gemeenskaplike voordele. Bolsjewisme leer die omverwerping van 'n beweerde klasbewind deur die diktatuur van die mag van 'n ander klas. Nasionaal-sosialisme heg nie waarde aan 'n enkele teoretiese reël van die werkersklas nie, maar eerder aan die praktiese verbetering van hul lewensomstandighede en lewenstandaard. Bolsjewisme veg om 'n teorie, en offer ter verwesentliking daarvan miljoene mense op, formidabele waardes van tradisionele kultuur en tradisies, en behaal, vergeleke met ons, slegs 'n baie lae lewenstandaard vir almal. As Nasionaal-Sosialiste is ons harte vol bewondering en respek vir die groot prestasies van die verlede, nie net onder ons eie mense nie, maar ook ver daarnaas. Ons is bly om te behoort aan 'n Europese kulturele gemeenskap wat sy denkwyse so deurslaggewend op die wêreld van vandag afgestempel het. Bolsjewisme verwerp hierdie kulturele prestasie van die mensdom en beweer dat werklike kulturele en menslike geskiedenis in die geboortejaar van Marxisme ontstaan het.
       Ons, die Nasionaal-Sosialiste, wil nie dieselfde mening as ons kerkorganisasies in hierdie of daardie organisatoriese vraagstuk huldig nie. Maar ons wil ook nooit 'n gebrek aan oortuiging in godsdiens of enige geloof hê nie en wil nie hê dat ons kerke klubhuise of teaters word nie. Bolsjewisme leer goddeloosheid en handel daarvolgens. Ons Nasionaal-Sosialiste sien in private eiendom 'n hoër vlak van menslike ekonomiese ontwikkeling wat na gelang van die verskille in prestasie die bestuur reguleer oor wat bereik is, waardeur die voordele van hoër lewensstandaarde vir almal gefasiliteer en gewaarborg word. Bolsjewisme vernietig nie net private eiendom nie, maar ook private inisiatief en die bereidwilligheid om verantwoordelikheid te dra. Dit was nie in staat om miljoene mense te red van hongersnood in Rusland, die grootste agrariese staat ter wêreld nie. Dit sou ondenkbaar wees om so 'n ramp na Duitsland oor te dra, want in Rusland is daar 10 stedelinge vir elke 90 plattelanders, maar in Duitsland is daar vir slegs 25 boere, 75 stedelinge. Nasionaal-sosialiste en bolsjewiste is wedersyds oortuig dat hulle wêrelde van mekaar verskil en dat hulle verskille nooit oorbrug kan word nie. Daarbenewens is duisende van ons mense vermoor en vermink in die stryd teen bolsjewisme. As Rusland van bolsjewisme hou is dit nie ons saak nie, maar as bolsjewisme sy nette oor Duitsland span, sal ons dit hand en tand beveg.
  • Ons wil hê dat hierdie volk getrou moet wees, en julle moet getrouheid leer. Ons wil hê dat hierdie volk gehoorsaam moet wees, en julle moet gehoorsaamheid aanleer. Ons wil hê dat hierdie volk vredeliewend maar ook moedig moet wees, en julle moet daarom vredeliewend wees en terseldertyd moedig. Ons wil nié hê dat hierdie volk sag word nie, maar ons wil dinge eerder swaar hê sodat ons die swaarkry van die lewe kan weerstaan. En hiervoor moet julle julself tydens jul jeug reeds gehard maak. Julle moet gehardheid aanleer om ontberinge uit te staan eerder as om daarvoor te swig. Ons wil hê dat hierdie volk eer hoog aanskrywe, en van julle jongdae reeds moet julle hierdie konsep respekteer.
    • Toespraak op 14 September 1935; aangehaal uit Prange, Gordon W. (1945), Hitler's Words, New York: American Council on Public Affairs, p. 124.
  • Wanneer ek opstaan ​​vir die Duitse boer, is dit om die volk se ontwil. Ek het geen voorvaderlike landgoed of hereplaas nie… Ek glo ek is die enigste staatsman ter wêreld wat nie 'n bankrekening het nie. Ek besit geen aandele nie, ek het geen aandeelhouding in enige maatskappye nie. Ek trek geen dividende nie.
    • Soos aangehaal in The Third Reich: A New History, Michael Burleigh, Hill and Wang, 2001, p. 246. Toespraak aan die werkers van Krupp se lokomotieffabriek in Essen op 27 Maart 1936.
  • Ek erken slegs een adel – dié van arbeid.
    • Aangehaal uit die Nazi-party se amptelike koerant, die Völkischer Beobachter van 21 November 1936, soos weergegee in Grunberger, Richard (1971), The 12-year Reich: A Social History of Nazi Germany 1933–1945, p. 47.
  • Daar is 'n verskil tussen die teoretiese kennis van sosialisme en die praktiese lewe van daarvan. Mense is nie gebore sosialiste nie, maar moet eers geleer word om dit te word.
    • Soos aangehaal in The Third Reich: A New History, deur Michael Burleigh [7]
  • Die hoofplan in die Nasionaal-Sosialistiese program is om die liberalistiese konsep van die indiwidu en die Marxistiese konsep van die mensdom af te skaf, en dit te verruil vir 'n volksgemeenskap wat in die grond gewortel is, en deur bloedbande saamgesmee is.
  • Bestaan daar 'n meer edel of meer uitstaande tipe sosialisme, en is daar 'n meer egte vorm van demokrasie as hierdie nasionaal-sosialisme wat so georganiseer is dat enige onder die miljoene Duitse seuns oor die moontlikheid beskik om sy pad boontoe te vind en die hoogste sport in die nasie te beklee, sou dit Voorsienigheid behaag om hom tot hulp te kom?
  • En talle mense wie se gesinne tot die kleinboer- en werkerklasse behoort, vul tans prominente posisies in hierdie Nasionaal-Sosialistiese staat. Sommige van hulle beklee eintlik die hoogste ampte in die leierskap van die nasie, as kabinetsministers, ryksstadhouers en gauleiers. Maar Nasionaal-Sosialisme hou altyd die belange van die volk as geheel in gedagte, en nié die belange van een klas of 'n ander nie. Die Nasionaal-Sosialistiese rewolusie was nie daarop gemik om 'n bevoorregte klas in 'n klas te verander wat voortaan geen regte sal hê nie. Die doel was om gelyke regte te gee aan daardie sosiale strata wat tot dusver van sulke regte ontdaan was.
  • Daar kan maar een Duitse Jeugbeweging wees, want daar is maar een manier om die Duitse jeug op te voed en op te lei. Hierdie Ryk staan, ​​en bou homself weer op, deur sy jeug. En hierdie Ryk sal sy jeug aan niemand uitlewer nie, maar sal sy opvoeding en sy vorming op homself neem.
    • 'n Toespraak van 1 Mei 1937, soos aangehaal in The Nazi Persecution of the Churches, 1933-45 deur John S. Conway, New York, Basic Books, 1968, p. 178.
  • Wanneer sommiges sê, "Jy is net 'n dromer!," dan kan ek net antwoord: "Jou idioot!" As ek nooit in my lewe 'n visionêr was nie, waar sou hulle gewees het en waar sou óns almal vandag gewees het? Ek het altyd in die Duitse toekoms geglo. Hulle het toe gesê: "Jy verbeel jou!" Ek het altyd in die opstanding van die Duitse Ryk geglo. Hulle het altyd gesê: "Jy is 'n dwaas!" Ek het altyd geglo in die heroprigting van Duitse mag, en hulle het altyd gesê, ek is waansinnig. Ek het geglo in die uitskakeling van ons ekonomiese ellende, en hulle het gesê dit was 'n utopie. Wie was nou reg, die dromer of hulle? Ek het reg gehad, en sal in die toekoms weer reg wees!
    • In gesprek met konstruksiewerkers te Berchtesgaden (20 Mei 1937)
Ek het nie in hierdie wêreld gekom om manne beter te maak nie, maar om van hulle swakhede gebruik te maak.
  • In die verloop van my lewe was ek baie dikwels 'n profeet, en is gewoonlik daarvoor verguis. In die tydperk van my stryd om mag was dit in die eerste instansie net die Joodse ras wat my profesieë met 'n gehoon ontvang het toe ek gesê het dat ek eendag die leierskap van die staat, en daarmee saam dié van die hele volk sal oorneem, en dat ek dan onder andere die Joodse probleem sal oplos. Hul gelag was onbedaarlik, maar ek dink dat hulle nou geruime tyd al net 'n skalkse laggie lag. Vandag sal ek weer 'n profeet wees: as die internasionale Joodse finansiers binne en buite Europa daarin slaag om die nasies weer in 'n wêreldoorlog te dompel, sal die resultaat nie die bolsjewisering van die aarde, en dus die hegemonie van Jodedom wees nie, maar die uitwissing van die Joodse ras in Europa!
  • Die vryheid van die indiwidu eindig waar dit die belange van die kollektief benadeel.
    • Toespraak op 1 Mei 1939 in die Lustgarten, Berlyn [8]
  • Wat van belang is, is dat ons volk die aggressor oorwin en derhalwe 'n toekoms vir homself wen. Oor 'n paar weke moet die Nasionaal-Sosialistiese gevegsgereedheid homself getransformeer het tot 'n geswore eenheid tot in lewe en dood. En dan sal die kapitalistiese oorlogsaanstigters in Engeland en haar satellietstate binnekort besef wat dit behels om sonder behoorlike oorsaak die grootste Volkstaat van Europa aan te val.
    • Soos aangehaal in Hitler: Speeches and Proclamations deur Max Domarus.[9]
  • Ek het nooit geloof verloor te midde van terugslae, waarvan ek tydens my tydperk van stryd nié gespaar is nie. Voorsienigheid het die laaste woord gehad en vir my sukses gebring.
    • Soos aangehaal in The Third Reich: A New History deur Michael Burleigh, p. 1884

Uit die film Triomf van die Wil (1935)

[wysig]
  • Dit is ons wil dat hierdie staat vir 'n duisend jaar sal voortbestaan. Ons is bly om te weet dat die toekoms volkome in ons hande is!
  • Ons wil hê dat hierdie mense gehard moet wees, nie sag nie, en jy moet jou in jou jongdae temper daarvoor!
  • Ons wil 'n samelewing hê waarin daar nóg kaste nóg range sal bestaan, en jy moenie toelaat dat hierdie idees by jou posvat nie!
  • Ons party bly so ferm as 'n rots en sal nie deur enige mag in Duitsland verdeel word nie.
  • Toe ons party nog net sewe manne gehad het, het dit reeds twee beginsels gehad. Eerstens wou dit 'n party met 'n ware ideologie wees. En tweedens wou dit die enigste en enkele mag in Duitsland wees.
  • Alle opregte Duitsers sal Nasionaal-Sosialiste wees, maar slegs die beste Nasionaal-Sosialiste sal partylede wees!
  • Dit is nié die staat wat ons beveel nie; maar dit is óns wat die staat beveel!

1940's

[wysig]
  • Ons wil 'n nuwe staat opbou! Dit is hoekom die ander ons soveel haat vandag…. Hulle is immers plutokrasieë waarin 'n klein kliek van kapitaliste die massas oorheers, en dit uiteraard in noue samewerking met internasionale Jode en Vrymesselaars.
    • Soos aangehaal in The Third Reich: A New History deur Michael Burleigh, p. 2087
  • Ná oorbrugging van sy interne verdeeldhede het Nasionaal-Sosialistiese Duitsland stapsgewys sy juk van slawerny afgewerp. Nietemin het die Joods-internasionalistiese kapitaliste in samewerking met sosiaal-reaksionêre klasse in die Westerse state die wêrelddemokrasieë suksesvol teen Duitsland opgerui.
    • Soos aangehaal in The Third Reich: A New History deur Michael Burleigh, p. 1909
  • In daardie lande is dit inderwaarheid kapitaal wat regeer; synde niks anders nie as 'n kliek van 'n paar honderd manne wat ongekende rykdom besit en, weens die sonderlinge struktuur van hul nasionale lewe, min of meer onafhanklik en vry is. Hulle sê: 'Hier het ons vryheid.' Hierdeur bedoel hulle bowenal 'n ongekontrolleerde ekonomie, en deur 'n ongekontrolleerde ekonomie, die vryheid om nié slegs kapitaal te bekom nie, maar om dit heeltemal gratis te gebruik. Dit beteken vryheid van nasionale beheer of beheer deur die mense, sowel in die verkryging van kapitaal as in die aanwending daarvan. Dit is wat hulle werklik bedoel wanneer hulle van vryheid praat. Hierdie kapitaliste skep hul eie pers en praat dan van die 'vryheid van die pers'. In werklikheid het elkeen van die koerante 'n meester, en hierdie meester is altyd die kapitalis, die eienaar. Hierdie meester, en nié die redakteur nie, is die een wat die beleid van die koerant bepaal. As die redakteur probeer om te skryf wat die meester nie pas nie, word hy die volgende dag ontslaan. Hierdie pers, wat die absoluut onderdanige en karakterlose slaaf van die eienaars is, vorm die publieke opinie.
    • Toespraak voor die Werkers van Berlyn (10 Desember 1940)[10]
  • Ja, sekerlik stel ons die vryheid in gevaar om profyt te maak tot nadeel van die gemeenskap, en waar nodig, verwyder ons dit selfs.
    • Toespraak voor die Werkers van Berlyn (10 Desember 1940)
  • My lewe lank was ek 'n besitlose. Tuis was ek 'n besitlose. Ek beskou myself as een van hulle en het altyd eksklusief vir hulle geveg. Ek het hulle verdedig en daarom staan ​​ek voor die wêreld as hul verteenwoordiger.
    • Toespraak voor die Werkers van Berlyn (10 Desember 1940)
  • Hierdie aarde is waarlik 'n trofeebeker vir die konsensieuse man. En dit tereg, in diens van natuurlike seleksie. Hy wat nié die krag besit om sy lewensruimte in hierdie wêreld te beveilig, en waar nodig dit uit te brei nie, verdien nié sy beskikking oor lewensnoodsaaklikhede nie. Hy moet opsy staan en toelaat dat sterker mense hom verbygaan.
    • Toespraak voor kadetoffisiere by die Berlynse Sportpalast op 18 Desember 1940. Domarus, Max. Hitler: Speeches and Proclamations, 1932-1945 (Engelstalige volume III: 1939-1940), Bolchazy-Carducci Uitgewers, 1997, p. 2162, ISBN 0865166277
  • Wat die wêreld nie moontlik geag het nie, is deur die Duitse mense vermag. Dit is reeds oorloggeskiedenis hoe die Duitse leërs die legioene van kapitalisme en plutokrasie verslaan het. Na vyf en veertig dae is hierdie veldtog in die Weste luiters en nadruklik beëindig.
  • Ek, daarenteen, het twee dekades lank gepoog om 'n nuwe sosialistiese orde in Duitsland te vestig, met die minimum inmenging en sonder om ons produktiewe kapasiteit skade te berokken.
    • Hitler se “Barbarossa”-verklaring op 22 Junie 1941.[11]
  • Die oorlog teen Rusland sal van so 'n aard wees dat dit nie op ridderlike wyse uitvoerbaar is nie. Hierdie stryd is een van ideologieë en rasseverskille en sal met 'n ongekende, genadelose en onverbiddelike felheid deurgevoer moet word. Alle offisiere sal van verouderde ideologieë moet afstand doen. Ek weet dat die noodsaaklikheid vir sulke maatreëls in oorlogvoering buite julle, my generaals, se begrip is, maar ... ek dring absoluut daarop aan dat my bevele sonder omhaal uitgevoer word.
    • Omtrent die voorgenome inval in Rusland.[12]
  • Dit kan mens spyt om te lewe in 'n tydperk waarin dit onmoontlik is om 'n konsep te vorm van die statuur wat die toekomstige wêreld sal aanneem. Maar daar is tog een ding wat ek vir vleiseters kan voorspel: die wêreld van die toekoms sal vegetaries wees.
    • Uit 'n stenografiese transkrip van 'n gesprek op 11 November 1941. In Engels vertaal deur Hugh Trevor-Roper Bullock, Alan (1993). Hitler and Stalin: Parallel Lives, Vintage, p. 679. ISBN 0-679-72994-1
  • Nasionaal-Sosialisme het in dieselfde jaar in Duitsland aan bewind gekom as wat Roosevelt tot president verkies is... Roosevelt kom uit 'n ryk familie en behoort tot die klas van mense wat in demokrasieë gebaande weë volg. Ek is net die kind van 'n klein, arm familie en moes my pad oopveg deur werk en inspanning. Toe die Groot Oorlog kom, het Roosevelt 'n amp beklee waar hy net die aangename byvolge daarvan kon ervaar, wat beskore is vir diegene wat besigheid doen terwyl ander bloei... Ek het die lot van miljoene gedeel, en Franklin Roosevelt slegs die lot van die sogenaamde Boonste Tien Duisend... hy het profyt gemaak uit die inflasie, uit die ellende van ander, terwyl ek, saam met honderde van duisende ander, in die hospitaal gelê het.
  • Wanneer Churchill en Roosevelt verklaar dat hulle 'n nuwe sosiale orde wil opbou, word dit later soos 'n kaalkophaarkapper wat sy haargroeimiddel wil promoveer. Hierdie manne, wat in die mees sosiaal agtergeblewe state woon, het genoeg ellende en nood in hul eie lande dat hulle hulself met verspreiding van voedsel kan besig hou. Ons is met sterk mense in alliansie, wat in dieselfde behoeftes met dieselfde vyande gekonfronteer word. Die Amerikaanse president en sy plutokratiese kliek het ons bespot as die besitloses, dit is waar, maar die besitloses sal toesien dat hulle nie beroof word van die bietjie wat hulle het nie.
  • Meer as vyf jaar lank het hierdie man soos 'n waansinnige in Europa rondgejaag op soek na iets om aan die brand te steek. Ongelukkig vind hy telkens weer huurlinge wat die poorte van hul lande oopstel vir hierdie internasionale brandstigter.
  • Ek wou nie hierdie stryd hê nie. Sedert Januarie 1933, toe Voorsienigheid my met die leierskap van die Duitse Ryk toevertrou het, het ek my 'n doel voor oë gestel wat essensieel in die program van ons Nasionale Sosialistiese Party opgeneem is. Ek was nog nooit ontrou aan hierdie doelwit nie en het my program nooit versaak nie... Net wanneer die hele Duitse volk 'n enkele offervaardige gemeenskap word, kan ons verwag en hoop dat die Almagtige God ons sal help. Die Almagtige het nog nooit 'n lui man gehelp nie. Hy help nie die lafaard nie. Hy help nie 'n volk wat homself nie kan help nie. Hierdie beginsel is hier van toepassing: help julleself en die Almagtige God sal nie sy hulp van jou weerhou nie.
    • Radiouitsending op 3 Oktober 1941.[14]
  • In my beskouing kan die jaar 1942 reeds terugkyk op die mees noodlottige beproewing van ons mense. Dit was die winter van '41 tot '42. Mag ek toegelaat word om te sê dat die Duitse volk, en by uitstek die Wehrmacht, in daardie winter deur Voorsienigheid in die weegskaal geweeg is. Niks erger kan of sal gebeur nie. Dat ons daardie winter oorwin het, daardie "algehele winter", dat die Duitse front uiteindelik weer gestaan ​​het, en dat hierdie lente, dit is vroeg hierdie somer, ons weer kon vorder, dit glo ek, is bewys dat Voorsienigheid tevrede was met die Duitse volk... Jy besef nie wat tussen hierdie woorde verskuil is in terme van menslike heldhaftigheid nie, en ook van menslike pyn en lyding nie, en ons kan byvoeg, dikwels angstigheid ook, uiteraard doodsangs by al diegene wat, veral vir die eerste keer, voor die verhoor van God in sy hoogste hof geplaas word.
  • En vandag hou ​​ek by hierdie selfde siening. Lot of Voorsienigheid sal die oorwinning besorg aan diegene wat dit die meeste verdien... En as ek nou, na 10 jaar, weer hierdie tydbestek in oënskou neem, kan ek sê dat aan geen volk Voorsienigheid ooit meer welslae toebeskik het, as aan ons nie. Die wonderwerke wat ons die afgelope drie jaar voor die aangesig van 'n hele wêreld van vyande verwesentlik het is uniek in die geskiedenis, veral met die krisisse wat ons uiteraard dikwels in hierdie jare die hoof moes bied.
  • Jy ken my siening van Franco... Ons moet hierdie Rooi Spanjaarde op reserwe hou ... Hulle is verlore vir demokrasie, en ook vir daardie reaksionêre bende rondom Franco ... Ek glo jou tot die letter, Speer, dat hulle indrukwekkende mense was. Ek moet in die algemeen sê dat tydens die burgeroorlog die idealisme nie by Franco gesetel was nie; dit was onder die Rooies te vinde ... een van die dae sal ons van hulle gebruik kan maak. Die hele ding sal opnuut opvlam, maar met ons aan die teenoorgestelde kant.
    • Soos aangehaal in Albert Speer se dagboekinskrywing van 26 Desember 1950, waarin hy 'n gesprek met Hitler in Januarie 1943 in herinnering bring, gepubliseer in Spandau: The Secret Diary (2000), p. 167
Die god van oorlog het na die ander kant oorgegaan.
  • Voorsienigheid betoon geen genade aan swak nasies nie, maar erken die bestaansreg van slegs gesonde en sterk nasies ... Hierdie Joodse bolsjewistiese uitwissing van nasies en die Wes-Europese en Amerikaanse fasiliteerders daarvan, kan slegs op een manier gekonfronteer word: deur elke greintjie krag met die uiterste fanatisme en koppige vasberadenheid in te span wat barmhartige God in tye van beproewing aan manne gee vir behoud van hul eie lewens ... Ons het soveel gely dat ons inderdaad tot fanatieke oortuiging oorreed is om ons vyande 'n duisend keer meer te haat en om hulle te sien vir wat hulle is, vernietigers van 'n ewige kultuur en uitdelgers van die mensdom. Uit hierdie antagonisme word 'n heilige wil gebore om hierdie verdelgers van ons bestaan ​​te stuit met al die krag wat God ons gegee het en hulle eindelaas te verpletter. In die 2000-jarige geskiedenis van ons mense is sulke verskriklike tye deurstaan dat ons geen twyfel het dat ons ook ons huidige lot te bowe sal kom nie.
  • As die oorlog verloor word, sal die nasie ook vergaan. Hierdie lot is onafwendbaar. Daar is geen noodsaak om die grondslag te oorweeg wat die mense sal benodig om selfs 'n primitiewe bestaan voort te sit nie. Dit sal inteendeel beter wees om hierdie dinge self te vernietig, want hierdie nasie sal dan die bewese swakkere wees, en die toekoms sal uitsluitlik behoort aan die sterker oostelike nasie (Rusland).[1] Buitendien, die wat sal oorbly na die oorlog is net die minderwaardiges, want die goeies het almal omgekom.

Ander opmerkings

[wysig]
  • Die god van oorlog het na die ander kant oorgegaan.
    • Opmerking teenoor Alfred Jodl, na verliese in die Slag van Stalingrad, soos aangehaal in The Second World War: An Illustrated History (1979) deur A.J.P. Taylo
  • Kunswerke wat nie op sigself verstaanbaar is nie, maar net aan die hand van aanstellerige voorgeskrewe handleidings hul bestaan kan regverdig, sal nooit weer hul weg na die Duitse mense vind nie.
  • Hulle bring hoë verdienstes in sonder werk. Een van die dae sal ek hierdie vergryp wegvee en alle korporasies nasionaliseer.
    • Soos aangehaal in Spandau: The Secret Diaries, Albert Speer, New York, NY, Pocket Books (1977) p. 84
  • 'n Sterk staat sal toesien dat produksie bedryf word in die nasionale belange, en sal, as hierdie belange verontagsaam word, die onteiening van die onderneming in werking kan stel, en die administrasie daarvan kan oorneem.
    • Soos aangehaal in Hitler and I, Otto Strasser, Boston, MA, Houghton Mifflin Company (1940) pp. 113-114
  • Ek is 'n sosialis, en 'n baie anderse soort van sosialis as jou ryk vriend Reventlow. Ek was eens 'n gewone werksman… Maar jou soort van sosialisme is niks anders as Marxisme nie.
    • Soos aangehaal in Hitler and I, Otto Strasser, Boston, MA, Houghton Mifflin Company (1940) p. 106
  • Ons sal ontbering verban; ons sal vrees verban. Die essensie van Nasionaal-Sosialisme is menslike welvaart... Nasionaal-Sosialisme is die rewolusie van die gewone man. Nasionaal-Sosialisme, gewortel in 'n voller lewe vir elke Duitser van kindheid tot oudag, hou 'n nuwe era in van welvaart tuis en 'n beter wêreldorde buitelands.
    • Soos aangehaal in Men in Motion, Henry J. Taylor, Doubleday, Doran & Co., New York: NY, (1944) p. 59. Ook aangehaal in As We Go Marching, John T. Flynn, The Ludwig von Mises Institute (2007) p. 154, eerste oplaag in 1944
  • Almal was eens 'n Sosiaal-Demokraat.
    • Soos aangehaal in Hitler: Sämtliche Aufzeichnungen 1905-1924, Eberhard Jäckel en Axel Kuhn, (redakteurs) Stuttgart: Deutsche Verlags-Anstalt, 1980, p. 448
  • Jy sal nooit agterkom wat ek dink nie. En vir diegene wat die luidste spog dat hulle my gedagtes ken, vir sulke mense lieg ek nog meer.
    • Stelling aan Franz Halder, soos aangehaal in The Psychopathic God (1993) deur Robert G.L. Waite, p. xi
  • Ons wil geen ander God as Duitsland self hê nie. Dit is noodsaaklik om 'n fanatiese geloof en hoop en liefde in en vir Duitsland te hê.
    • Soos aangehaal in A History of National Socialism, Konrad Heiden, A.A. Knopf (1935), p. 100
  • Ek weet dat 'n sekere Man, bevoegd om ons probleme van 'n finale oplossing te voorsien, moet verskyn. Ek het na so 'n Man gesoek. Nêrens kon ek Hom vind nie. En dit is hoekom ek myself bereid gestel het om die aanvoorwerk te doen; net die mees dringende aanvoorwerk, want ek weet dat ek self nie die Een is nie. En ek weet ook wat by myself tekort skiet. Maar die ander Een bly ontwykend, en niemand tree na vore nie, en daar is geen tyd meer om te verspeel nie.
    • Soos aangehaal in Warum? Woher? Aber Wohin? deur Hans Grimm, p. 14
  • Hierdie Duitse volksgemeenskap is waarlik praktiese sosialisme en gevolglik Nasionaal-Sosialisme in die beste sin van die woord. Hier is die onus op elkeen om sy las te dra.
    • Soos aangehaal in Stagnation and Renewal in Social Policy: The Rise and Fall of Policy Regimes, redakteurs: Martin Rein, Gøsta Esping-Andersen, en Lee Rainwater (1987) p. 63
  • Oor 'n honderd jaar, miskien, sal 'n groot man opstaan wat vir hulle (die Duitsers) 'n kans op uitkoms sal bied. Hy sal my as model neem, my idees gebruik, en die roete volg wat ek uitgestippel het.
    • Soos aangehaal in “Der Führer als Redner,” Adolf Hitler. Bilder aus dem Leben des Führers" deur Joseph Goebbels
  • Nie lank gelede nie, het 'n Amerikaanse tydskif geskryf dat die swakste aspek van Nasionaal-Sosialisme sy vroue was. Hulle het gesê dat Nasionaal-Sosialisme meer vir vroue gedoen het as enige ander nasie. Dit het hulle sosiale stand verbeter. Dit het begin om hulle byeen te bring in geweldige organisasies. Dit stuur vroue van die opgeleide klasse die fabrieke in sodat vrouewerkers op vakansie kan gaan, ensovoorts. Die blad het tot die gevolgtrekking gekom dat demokrasieë dit nie kan nadoen nie.
    • Soos aangehaal in The Third Reich: A New History deur Michael Burleigh, p. 2842
  • Ek wil oorlog hê. Vir my is alle middele reg. My leuse is nié 'moenie, wat jy ook al doen, die vyand onthuts nie'. My leuse is 'vernietig hom met enige en alle middele.' Ek is die een wat die oorlog sal voer!
  • Ek is van plan om 'n duisendjarige ryk op te rig, en enigiemand wat my in hierdie stryd ondersteun, is 'n mede-vegter vir 'n unieke geestelike – ek sou sê goddelike – skepping... Rudolf Hess, my assistent vir etlike jare, sal jou vertel: As ons so 'n leier het, is God by ons.
    • Soos aangehaal in Secret Conversations with Hitler: The Two Newly-Discovered 1931 Interviews (1971) deur Richard Breiting, p. 68
  • Genialiteit is 'n drogbeeld as dit ontbreek aan 'n stewige fondament van deursettingsvermoë en fanatiese vasberadenheid. Dit is die belangrikste ding in die hele menselewe...
    • Soos aangehaal in How the Allies Won (1995) deur Richard Overy, wat siteer uit Hitler: The Man and the Military Leader (1972) deur P.E. Schramm
  • Nasionaal-Sosialisme is die voorneme om 'n nuwe man te skep. Daar sal nie meer 'n indiwidueel-willekeurige wil bestaan ​​nie, nóg sfere waarbinne die indiwidu aan homself behoort. Die tyd van geluk as private saak is verby.
    • Soos aangehaal in Hitler (1974) deur Joachim C. Fest, p. 533
  • Warum sich zu millionen hier vereinigen, [ist] um einmal symbolisch zum Ausdruck [zu] bringen, dass wir nicht sind Stadt und Land, nicht sind Arbeiter, Angestellte, Handwerker, Bauern, Studenten, Bürger, nicht sind irgendwelche Anghänger irgendwelche Weltanschauungen, sondern, dass wir sind Angehöriger eines Volkes.
  • Hoekom dermiljoene mense hulself hierby aansluit is naamlik om dit eenmalig te simboliseer dat ons nié stad en platteland is nie, nié arbeiders, werknemers, handwerkers, boere, studente en burgers is nie, nié aanhangers van uiteenlopende wêreldbeskouings is nie, maar dat ons almal lede van een volk is.
    • Toespraak te Festplatz, Tempelhof, Berlyn, tussen 1930 en 1939, soos geargiveer deur British Pathé, YouTube.

Aanhalings omtrent Adolf Hitler

[wysig]

Aanhalings voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog

[wysig]

(Nota: baie van die vergrype van die Hitler-bewind was nie algemeen bekend voor die finale maande van die oorlog nie)

Chronologies gesorteer
  • [Hitler] was diepgaande begeesterd met germaanse paganisme, nog meer, miskien, as Ludendorff of Rosenberg self.
    • Otto Strasser, Hitler and I, Boston: MA, Houthton Miffin Company (1940) p. 59.
  • Hitler se eerste haat was nie kommunisme nie, maar Oostenryk-Hongarye... En waarvoor het hy dit geminag? Vir hul toegeeflikheid! Hy wou hê dat tagtig miljoen Duitsers met 'n ysterhand moes regeer oor 'n ryk van tagtig miljoen ‘minderwaardiges’ — Tjeggiërs, Slowake, Magjare, Jode, Serwiërs, Pole en Kroate.
    • Dorothy Thompson, "Let the Record Speak", Boston: MA, Houghton Mifflin Company (1939) p. 136 (koerantrubriek: “Write it Down,” 18 Februarie 1938)
  • Lenin is die grootste man, na Hitler, en die verskil tussen Kommunisme en die Hitler-geloof is maar baie min.
    • Joseph Goebbels, The New York Times, “Hitlerite Riot in Berlin: Beer Glasses Fly When Speaker Compares Hitler to Lenin,” 28 November 1925 (Goebbels se toespraak op 27 November 1925)
  • Herr Hitler är en förolämpning.
    • Mnr. Hitler is 'n belediging.
    • Torgny Segerstedt in Göteborgs Handels- och Sjöfartstidning (3 Februarie 1933).
    • Hierdie artikel het Hermann Göring genoop om 'n protestelegram te stuur waarin hy die koerant kondemneer vir die opmerking.
  • Hitler is 'n ateïs.
    • Otto Strasser, Hitler and I, Boston: MA, Houghton Mifflin Company (1940) p. 93
  • Ondanks die mate van samehorigheid wat steeds bestaan, speel persoonlikhede 'n toenemend belangrike rol in die hoër leierskap [van die Naziparty]. Hitler het moontlik meer mag as voorheen, maar is 'n figuur wat hom al hoe meer van die werklikhede afsonder. Hy maak grootliks staat op Hess, wat nou sy ware vertroueling is, en wat hy heel moontlik as sy Minister van Buitelandse Sake kan aanstel. Göring en Goebbels bly steeds getroue kamerade van Hitler en is ongetwyfeld tot hom verbonde, maar die verskil tussen die twee word gaandeweg meer opvallend. Goering is meer gematigd, terwyl Goebbels, in voeling met die temperament van die massas en 'n opportunis in die eerste instansie, meer radikaal word. As dit sou neerkom op 'n konfrontasie tussen die radikale en gematigde elemente, sal Goering besmoontlik aan die radikale kant na vore tree, en as die een met die beste vooruitsigte. [...] As hierdie regering aan bewind bly vir nog 'n jaar, en in dieselde maat op dieselde trant voortbou, sal dit baie doen om Duitsland 'n gevaar te maak vir wêreldvrede in komende jare.
        Hierdie brief is baie onsamehangend want ek dikteer dit onder druk vir insluiting by die koerierpakkie. Wat ek eintlik wil sê, is dat hierdie land vir die hede 'n rigting ingeslaan het wat slegs die ruïnasie daarvan kan meebring, en 'n situasie sal skep wat wêreldvrede in gevaar stel. Enkele uitsonderings na is die manne wat hierdie regering lei, van 'n mentaliteit wat jy en ek nie kan begryp ​​nie. Sommige van hulle is psigopatiese gevalle wat onder normale omstandighede iewers behandeling sal ontvang. Ander is verhewe en verkeer in 'n gemoedstemming wat geen rede ken nie. Die meerderheid is klaaglik onkundig en onvoorbereid vir die take wat hulle daagliks moet verrig. Die manne in die party en in verantwoordelike posisies wat werklik bekwaam is, en daar is heelwat van hulle, is magteloos omdat hulle die bevele van gesaghebbendes moet volg wat ly aan die abnormale psigologie wat tans in die land heers.
  • Vir wat heilsaam en wat siek is, skep elke nasie en tydvak sy eie wet, volgens die innerlike grootsheid en omvang van sy bestaan. Nou is die Duitse volk onderweg om hul eie wese te herontdek en hulself te skik na hul groot bestemming. Adolf Hitler, ons groot Führer en kanselier, het deur die Nasionaal-Sosialistiese rewolusie 'n nuwe staat geskep, waardeur die mense hulself opnuut kan verseker van die voortbestaan en kontinuïteit van hul geskiedenis... Vir elke volk lê die eerste waarborg vir sy egtheid en grootsheid in sy bloed, sy grond, en sy fisiese groei. As dit hierdie waardestel sou afstaan of selfs net toelaat dat dit aansienlik kwyn, sal alle pogings tot staatspolitiek, alle ekonomiese en tegniese vaardigheid, alle spirituele aksie van nul en gener waarde bly.
    • Martin Heidegger, lesing te Freiberg Universiteit, Augustus 1933; soos aangehaal deur Emmanuel Faye (2009), Heidegger, The Introduction of Nazism into Philosophy in Light of the Unpublished Seminars of 1933-1935, Yale University Press, in Engels vertaal deur Michael B. Smith, p. 68.
  • Dit sal jou interesseer om te weet dat jou werk 'n belangrike rol gespeel het in meningsvorming by 'n groep intellektuele wat agter Hitler staan in hierdie baanbrekerprogram. Oral het ek ondervind dat hulle sienswyses besonder gestimuleer is deur Amerikaanse denke...
    • Charles Goethe, in 'n skrywe aan 'n kollega omtrent Amerikaanse eugenese wat Hitler en ander Nazi-amptenare geinspireer het (1934), soos aangehaal deur Edwin Black, "Eugenics and the Nazis: The California Connection", The San Francisco Gate, 9 November 2003
  • Dit mag jou [Hitler] dalk geluk om een en almal die hoof te bied, maar jy sal nie daarin slaag om Jehovah God te opponeer nie. ... In die naam van Jehovah God en Sy gesalfde Koning, Jesus Christus, eis ek dat jy aan alle amptenare en onderdane van jou regering opdrag gee dat Jehovah se Getuies in Duitsland toegelaat word om God vreedsaam en sonder verhindering te aanbid.
    • Joseph Franklin Rutherford, aangehaal in Awake!-tydskrif van 22 Augustus 1995, artikel: The Evils of Nazism Exposed
    • Op 9 Februarie 1934 het J.F. Rutherford, die president van die Wagtoring-vereniging, 'n protesbrief met hierdie woorde aan Hitler gestuur. Namate Nazi-woede jeens Jehovah se Getuies nuwe hoogtes bereik het, het die Getuies se aanklagte ook in felheid toegeneem. Die uitgawe van Consolation van 15 Mei 1940 het verklaar: "Hitler is so 'n perfekte kind van die duiwel dat hierdie toesprake en besluite deur hom vloei soos water deur 'n goedgeboude drein".
  • Mens kan 'n afkeur hê in Hitler se stelsel en nogtans sy patriotiese prestasie bewonder. As ons land verslaan sou word, hoop ek dat ons so 'n formidabele voorstander kan vind om ons moed op te bou en ons terug te lei na 'n plek onder die nasies.
  • Ons kan nie uitmaak of Hitler die man gaan wees wat opnuut 'n oorlog oor die wêreld laat losbrand waardeur die beskawing onafwendbaar die onderspit delf, en of hy hom 'n nagedagtenis sal verwerf as die man wat eer en gemoedsrus aan die groot Germaanse nasie herstel het nie.
  • Wanneer Hitler sê dat "die staat die nasie oorheers omdat dit hul alleenverteenwoordiger is," gee hy bloot in omgangstaal uiting aan die Hegelse formulering dat "die staat die algemene substans is waarvan indiwidue maar die lotgevalle is."
    • Albert Jay Nock, Our Enemy, The State, Caldwell, Indiana, The Caxton Printers (1950) pp. 21-22, eerste oplaag in 1935
  • Hy [d.i. Hitler] is 'n baie groot man. "Führer" is sy paslike titel, want hy is 'n gebore leier, ja, en 'n staatsman.
    • David Lloyd George, in A. J. Sylvester se dagboekinskrywing van 4 September 1936, Colin Cross (red.), Life with Lloyd George. The Diary of A. J. Sylvester 1931-45 (Londen: Macmillan, 1975), p. 148.
  • Ek het nog nooit gelukkiger mense as die Duitsers teëgekom nie en Hitler tel onder grootse manne. Die oues vertrou hom; die jeug aanbid hom. Dit is die verering van 'n nasionale held wat sy land gered het.
    • David Lloyd George, Daily Express, 17 September 1936
  • Ek het pas teruggekeer van 'n besoek aan Duitsland. … Ek het nou die beroemde Duitse leier gesien en ook iets van die groot verandering wat hy teweeggebring het. Wat mens ook van sy metodes mag dink – en dis gewis nié dié van 'n parlementêre land nie – kan daar geen twyfel bestaan dat hy 'n wonderlike transformasie in die gees van die mense, in hul houding jeens mekaar en in hul sosiale en ekonomiese vooruitsigte bewerk het nie.
    Één man het hierdie wonderwerk verrig. Hy is 'n gebore leier van mense. 'n Magnetiese dinamiese persoonlikheid met 'n eenstemmige doelwit, 'n vaste wil en 'n onverskrokke hart. Hy is die nasionale Leier. Hy verwyder ook hulle alomteenwoordige angs vir hongersnood, wat naamlik een van die mees akute herinneringe aan die laaste oorlogsjare en eerste Vredesjare is. Die totstandkoming van Duitse hegemonie in Europa, wat die doel en droom van die ou vooroorlogse militarisme was, is nie eens op die horison van Nazisme nie.
    • David Lloyd George, soos aangehaal in The Daily Express, 17 November 1936
  • Hitler is uitermate geniaal.
    • David Lloyd George, in A.J. Sylvester se dagboekinskrywing van 7 Julie 1940, Colin Cross (red.), Life with Lloyd George. The Diary of A. J. Sylvester 1931-45 (Londen: Macmillan, 1975), p. 275.
  • Jy het ons heilige Duitse Vaderland oorgelewer aan een van die grootste demagoë van alle tye. Ek profeteer plegtig dat hierdie vervloekte man ons Ryk in die afgrond sal werp en onuitspreekbare ellende oor ons volk gaan bring. Toekomstige geslagte sal jou in jou graf vervloek vir jou optrede.
    • Erich Ludendorff aan Paul von Hindenburg na lg. se aanstelling van Hitler tot Kansellier, soos aangehaal in Hitler 1889–1936: Hubris deur Ian Kershaw, bladsy 427
  • Jy protesteer telkens, en dit tereg, wanneer Hitler 'n opponent in die tronk gooi. Maar jy vergeet dat Stalin en sy meelopers 'n duisend keer meer mense gevange geneem en vermoor het. Dit lyk vir my, en die getuienis is duidelik, dat Hitler in vergelyking met die Moskouse booswigte en sluipmoordenaars skaars meer as 'n gewone Ku Kluxer, en Mussolini amper 'n filantroop is.
    • H.L. Mencken, in 'n ope brief aan Upton Sinclair, gepubliseer in The American Mercury, Junie 1936
  • Ek het nog altyd gesê dat as Groot-Brittanje in oorlog verslaan sou word, ek hoop dat ons 'n Hitler sal vind om ons terug te lei na ons regmatige posisie onder die nasies. Dit spyt my egter dat hy nie vermurwe word deur die groot welslae wat hom beskore was nie. Die ganse wêreld sal hul verbly om die Hitler van vrede en verdraagsaamheid te sien, en niks sal sy naam in wêreldgeskiedenis soveel eer besorg as dade van grootmoedigheid, en van barmhartigheid en medelye met die eensames en versaakdes, en met die swakkes en armes nie. Laat hierdie groot man sy eie gemoed en gewete ondersoek voordat hy iemand van oorlogsugtigheid beskuldig.
    • Winston Churchill in repliek op Hitler wat hom as "oorlogsugtige" kondemneer, soos aangehaal in "Mr. Churchill's Reply" in The Times (7 November 1938)
  • Hitler was op een punt reg. Hy noem die Joodse mense 'n ras en ons is 'n ras.
    • Rabbi Stephen Sameul Wise, 1938, soos aangehaal in “Dr. Wise Urges Jews To Declare Selves As Such.” New York Herald Tribune, 13 Junie 1938, p. 12.
  • In Duitsland is die gewone mense vredeliewend, ... Die duiwel het egter sy verteenwoordiger Hitler in beheer gestel, 'n man van ongesonde verstand, wreed, arglistig en meedoënloos... Hy vervolg die Jode op hartvogtige wyse omdat hulle eens Jehovah se verbondsmense was, Jehovah se naam ontvang het, en omdat Christus Jesus 'n Jood was.
    • Joseph Franklin Rutherford, aangehaal in Awake!-tydskrif, 1995, 8/22, artikel: The Evils of Nazism Exposed
    • Op 2 Oktober 1938 het Rutherford die toespraak “Fascism or Freedom” gelewer, waarin hy Hitler onomwonde kondemneer. Rutherford het ook gereeld oor die radio preke gelewer waarin die sataniese aard van Nazisme benadruk is. Die preke is globaal heruitgesaai en by die miljoene in gedrukte vorm versprei.
  • Sonder die minste twyfel kan Hitler by die waarlik mistieke sjamans gereken word. Soos iemand tereg oor hom opgemerk het tydens die laaste Nürnbergse partykongres, is daar sedert die tyd van Mohammed niks dergeliks in hierdie wêreld ervaar nie. Sy liggaam suggereer nie sterkte nie. Die opvallendste kenmerk van sy gelaat is sy dromerige blik. Ek is veral daardeur getref toe ek fotos van hom gesien het wat tydens die Tjeggoslowaakse krisis geneem is; daar was in sy oë die kyk van 'n siener. Hierdie opmerklik mistieke kenmerk van Hitler laat hom dinge doen wat vir ons onlogies, onverklaarbaar en onredelik lyk. … So bemerk jy dan dat Hitler 'n sjaman is, 'n geestelike medium, 'n bo-aardse wese, of nog beter, 'n mite.
    • Carl Jung tydens 'n onderhoud met H.R. Knickerbocker, aanvanklik gepubliseer in Hearst's International Cosmopolitan (Januarie 1939), waarin Jung gevra is om Adolf Hitler, Benito Mussolini en Joseph Stalin te diagnoseer, later gepubliseer in Is Tomorrow Hitler's? (1941), deur H.R. Knickerbocker, ook gepubliseer in The Seduction of Unreason: The Intellectual Romance with Fascism (2004) deur Richard Wolin, Hoofstuk 2: Prometheus Unhinged: C.G. Jung and the Temptations of Aryan Religion, p. 75.
  • Geen nasie hou by hul woord nie. 'n Nasie is maar 'n groot blinde wurm op soek na wat? Hul noodlot miskien. 'n Nasie dwing geen eer af nie, en het geen woord om gestand te doen nie. … Hitler is self die nasie. Dis terloops waarom hy altyd so luid moet praat, selfs in privaatgesprekke – want hy praat met die stem van 78 miljoen.
    • Carl Jung tydens 'n onderhoud met H.R. Knickerbocker (1939), aangehaal in A Life of Jung (2002) deur Ronald Hayman, p. 360
Ons kan nie uitmaak of Hitler die man gaan wees wat opnuut 'n oorlog oor die wêreld laat losbrand waardeur die beskawing onafwendbaar die onderspit delf, en of hy hom 'n nagedagtenis sal verwerf as die man wat eer en gemoedsrus aan die groot Germaanse nasie herstel het nie. ~ Winston Churchill
  • Die enigste man vir wie Hitler ‘onvoorwaardelike respek’ gehad het was ‘Stalin die genie’, en alhoewel ons in die geval van Stalin en die Russiese regime nie … beskik oor die ryk dokumentêre materiaal wat vir Duitsland beskikbaar is nie, weet ons nietemin uit Chroesjtsjof se toespraak voor die Twintigste Partykongres dat Stalin net een man vertrou het, en dit was Hitler.
    • Hannah Arendt, Totalitarianism: Origins of Totalitarianism (derde deel), A Harvest Book, 1985, pp. 7-8
  • Ons weet nie of Hitler 'n nuwe Islam op die been gaan bring nie. Hy is reeds onderweg; hy is soos Mohammed. Die gemoed in Duitsland is islamities; krygsugtig en islamities. Hulle is almal dronk met 'n wilde god. Dit mag die historiese toekoms wees.
  • Die wreedste ironie van almal het Hitler & kie egter vir daardie Duitse kapitaliste en kleinsakemanne uitgehou wat eens nasionaal-sosialisme ondersteun het as die reddingsplan wat Duitsland se burgerlike ekonomiese struktuur sou red van radikalisme. Die Nazi-credo dat die indiwidu aan die staat behoort, is ook op besigheid van toepassing. Sekere besighede is summier onteien, terwyl op ander die ekwivalent van kapitaalbelasting gehef word. Winste is nou onder streng beheer. 'n Konsep van die groeiende owerheidsbeheer en -inmenging in besigheid kan gevorm word uit die waarneming dat 80% van alle bouwerk en die helfte van alle nywerheidsaanvraag in Duitsland oor die laaste jaar by die regering ontstaan het. In hul naarstige soeke na lewensmiddele, benewens fondse, het die Nazi-regime groot landgoede oorgeneem en in etlike instansies die landbou gekollektiviseer in 'n proses wat 'n fundamentele ooreenkoms met Russiese Kommunisme toon.
    • Aangehaal uit Adolf Hitler: Man of the Year, 1938, in Time, 2 Januarie 1939.
  • Die “Veroweraar uit Berlyn,” soos hy homself noem, het die hele Duitsland oorval. En nié slegs dit nie. Ongelukkig het baie, gans te veel, Duitsers wat in die buiteland woon, ook voor die slinkse propaganda geval.
  • Dat Hitler die oorhand kon kry oor sy etlike teëstanders is aan die aantrekkingskrag van sy eie persoonlikheid te danke, iets wat mens selfs in die onbeholpe skryfstyl van Mein Kampf kan bespeur, maar wat kennelik oorweerstaanbaar is wanneer mens na sy toesprake luister. Ek wil dit graag op skrif stel dat ek nooit 'n afkeer in Hitler kon koester nie. Met sy bewindsname was ek egter nog, soos bykans almal op daardie tydstip, onder die wanindruk dat hy nie van enige belang was nie. Ja, ek sal hom beslis doodmaak as hy binne armlengte kom, maar dan nie uit enige persoonlike wrewel nie. Die realiteit is dat daar iets baie aanloklik aan hom is. Mens ervaar dit opnuut as jy sy foto's bekyk – en ek sal veral die foto teenoor die titelblad van die Hurst en Blackett-uitgawe aanbeveel, waar Hitler in sy vroeë Bruinhemde-dae uitgebeeld word. Dit wys 'n patetiese hondagtige gelaat, die gesig van 'n man wat onder ondraaglike vergrype gebuk gaan. In 'n wellig meer manlike opsig versinnebeeld dit die indruk van ontelbare Christusse, elkeen as gekruisigde uitgebeeld, en daar bestaan kwalik twyfel dat Hitler homself ook so sien. Oor die beweegrede vir sy oorspronklike, persoonlike grief jeens die heelal kan daar maar gegis word; en tog is die grief daar. Hy is die martelaar, die slagoffer, Prometheus aan die rots vasgeketting, die selfopofferende held wat eiehandig teen geweldige oormagte stry. As hy 'n muis vermorsel, sal hy weet hoe om dit na 'n draak te laat lyk. 'n Mens voel, soos met Napoleon, dat hy 'n teen die noodlot rebelleer, en onmoontlik daarteen opgewasse is, maar tog om hierdie of daardie rede verdien om te wen. Die aantrekkingskrag van so 'n houding is natuurlik enorm; die helfte van die films wat 'n mens sien, wentel om so 'n tema.
    Ook het hy die valsheid van die hedonistiese lewenshouding ingesien. Byna alle Westerse denke sedert die vorige oorlog, sekerlik alle 'progressiewe' denke, het stilswyend aanvaar dat mense niks meer as gemak, veiligheid en die vermyding van pyn nastrewe nie. In so 'n lewensbeskouing is daar byvoorbeeld nie ruimte vir patriotisme en militêre deugde nie. Die sosialis wat uitvind dat sy kinders met bliksoldaatjies speel, is gewoonlik ontsteld, maar hy kan nooit aan 'n plaasvervanger vir die soldaatjies dink nie; blik-pasifiste sal tog nie deug nie. Hitler, danksy sy eie vreugdelose verstand, ervaar dit met buitengewone potensie dat mense nié bloot met gemak, veiligheid, kort werksure, higiëne, geboortebeperking en nugtere denke in die breë tevrede is nie; hulle wil, minstens by uitsondering, stryd en selfopoffering hê, om nie te praat van tromme, vlae en lojaliteitsparades nie. Welke bestaansreg hulle ook al as ekonomiese teorieë mag verdien, is fascisme en nazisme psigologies baie meer houdbaar as enige hedonistiese lewensopvatting. Dieselfde geld waarskynlik vir Stalin se gemilitariseerde weergawe van sosialisme. Al drie die groot diktators het hul mag versterk deur hul volke ondraaglike laste op te lê. Terwyl sosialisme, en selfs kapitalisme op 'n meer omsigtige wyse, aan mense gesê het: "Ek bied jou 'n goeie tyd," het Hitler vir hulle gesê: "Ek bied jou stryd, gevaar en dood," en as nagevolg werp 'n hele volk hulself aan sy voete. Miskien sal hulle later moeg word daarvan en van plan verander soos aan die einde van die vorige oorlog. Na 'n paar jaar van slagting en uithongering is "Grootste geluk vir die oorgrote meerderheid" miskien 'n goeie slagspreuk, maar vir die hede is "Eerder 'n einde met afgryse as 'n afgryse sonder einde" 'n wenner. En noudat ons veg teen die man wat dit uitgedink het, moet ons nie die emosionele aanloklikheid daarvan onderskat nie.
  • Anti-fascisme sowel as anti-kommunisme het hul betekenis volkome afgestaan sedert Hitler en Stalin opgehou het om hul alliansie vir die wêreld te verdoesel. […] So vroeg as 1925 reeds het ek die samewerking tussen die Nazis en Bolsjewiste in my artikel "Anti-Marxisme" voorspel.
    • Ludwig von Mises ([1940], 1998). Interventionism: An Economic Analysis, vertaal deur Thomas Francis McManus en Heinrich Bund, onder redaksie van Bettina Bien Greaves. Irvington-on-Hudson, NY: Foundation for Economic Education Inc., ISBN: 1-57246-071-7, p. xiv.
  • Hitler beskik nie oor 'n nuwe geheime wapen nie. Sy oorwinning is nie toeskryfbaar aan 'n uitstekende intelligensiediens wat hom inlig oor die planne van sy teenstanders nie. Selfs nie die veelbesproke 'vyfde kolonne' was hier deurslaggewend nie. Hy het gewen omdat die veronderstelde teenstanders reeds redelik simpatiek jeens die idees was wat hy voorgestaan ​​het. … 'n Ideologiese stryd met konstante toegewings aan die beginsels van die vyand is onvolhoubaar. Diegene wat kapitalisme wil weerlê as kwansuis onversoenbaar met die belange van die massas, en diegene wat verklaar dat die markekonomie ná 'n oorwinning oor Hitler 'vanselfsprekend' deur 'n beter stelsel vervang moet word en dat alles daarom nou deurgevoer moet word om regeringsbeheer oor besigheid so volledig as moontlik te maak, veg eintlik vir totalitarisme. … Die 'progressiewes' wat hulle tans as 'liberale' voordoen, sal wel uitvaar teen 'fascisme'; en tog is dit hulle beleid wat die weg baan vir Hitlerisme. … Niks kon die Nasionaal-Sosialistiese beweging 'n groter hupstoot gegee het as die metodes wat deur die 'progressiewes' aangewend word nie, waar Nazisme naamlik uitgekryt word as die dienaar van 'kapitaal'.
    • Ludwig von Mises ([1940], 1998). Interventionism: An Economic Analysis, in Engels vertaal deur Thomas Francis McManus en Heinrich Bund, onder redaksie van Bettina Bien Greaves. Irvington-on-Hudson, NY: Foundation for Economic Education Inc., ISBN: 1-57246-071-7, p. 88.
  • Duitse werkers is die mees getroue ondersteuners van die Hitler-regime. Nazisme het hulle heeltemal ingepalm deur werkloosheid te elimineer en deur ondernemers na die status van voormanne (Betriebsführer) af te wentel. Grootsake, kleinhandelaars en kleinboere is teleurgesteld, maar arbeid is vergenoegd en sal hul by Hitler skaar tensy die oorlog 'n wending neem wat hul hoop op 'n beter lewe na vredesluiting in die wiele ry. Slegs militêre terugslae kan Hitler van hul steun ontsê. Die feit dat die kapitaliste en ondernemers by konfrontasie met 'n keuse tussen kommunisme en nazisme op laasgenoemde besluit het, benodig geen toeligting nie. Hulle het verkies om as Hitler se voormanne 'n bestaan te maak eerder as om onder 'n Stalinse bewind as die 'burgery' gelikwideer te word. Kapitaliste is niks meer genoë om uitgemoor te word as enigiemand anders nie. Die ellendige nadraai van die wanpersepsie dat die Duitse werkers teen Hitler gekant is, is reeds bewys deur Britse taktiek in die eerste oorlogsjaar. Die regering van Neville Chamberlain was vas oortuig dat die oorlog beëindig kon word deur 'n opstand van die Duitse werkers aan te stig. Pleks daarvan om op sterk bewapening en aanvalle te konsentreer, het hulle hul vliegtuie oor Duitsland gestuur om biljette neer te laat wat die Duitse werkers inlig dat Engeland nié hierdie oorlog teen húlle voer nie, maar wel teen hul verdrukker, Hitler. Die Engelse regering was goed bewus, het hulle gesê, dat die Duitse volk, en arbeid by uitstek, teen oorlog gekant was maar deur hul selfopgelegde diktator daaraan onderwerp is.
    • Ludwig von Mises ([1940], 1998). Interventionism: An Economic Analysis, in Engels vertaal deur Thomas Francis McManus en Heinrich Bund, onder redaksie van Bettina Bien Greaves. Irvington-on-Hudson, NY: Foundation for Economic Education Inc., ISBN: 1-57246-071-7, p. 89.
  • ... vind ons 'n artikel in Harper's wat die finansiële bedrywighede van die Hitler-regime met genoegdoening uitlê. Ons word aangeraai om nié ons aandag van die Duitse finansiële program te laat aflei deur die brutaliteit van die Duitse politieke beleid nie. Eersgenoemde sou rewolusionêr benewens suksesvol wees. Die skrywer sê dan dat as ons die diktatorskap vir 'n wyle ignoreer, ons besmoontlik leidrade sal vind rakende die aard van ons eie onlangse finansiële kwale, wat sal uitwys wat makeer het en wat gedoen kan word om ekonomiese demokrasie nou en vir die toekoms te versterk. Die mans wat hierdie Duitse stelsel opgebou het, word as mans van onbetwisbare genialiteit beskryf. Dit sou nou duidelik geword het dat Duitsland se binnelandse finansiële program die beperkings van haar finansiële omgewing op die koerse van produktiewe aktiwiteite afgewerp het. Jare voor die huidige oorlog was Duitse nywerheid reeds volstoom op dreef. Om hierdie dinge te vermag verander Duitsland kapitalisme sonder om dit omver te werp.
    Natuurlik is daar niks nuuts aan Hitler se finansiële metodes nie, soos elkeen wat die Duitse hoofstuk van hierdie bundel gelees het sal onthou. Dis alles die blote gevolg van Hitler se aanvaarding van die lenings- en bestedingstaktieke van sy voorgangers, wat hy vooraf sonder omhaal veroordeel het. Hitler het weinig meer gedoen as wat Mussolini gedoen het, of wat die republikeine en Sosiaal-Demokrate in Duitsland voor hom gedoen het, of wat die ou Italiaanse en Duitse ministers voor die laaste oorlog gedoen het.
    • John T. Flynn (1944) As We Go Marching, Doubleday and Company, pp. 183-184, wat "The German Financial Revolution" deur Dal Hitchcock aanhaal, Harper's Magazine, Band 182, Februarie 1941. Skuinsdruk volg die oorspronklike.
  • Na die loodsing van die Duitse regering se veldtog teen die Jode het 'n Amerikaanse besoeker Herr Hitler gevra waarom hy dit so genadeloos deurvoer. Die Rykskansellier het geantwoord dat hy die idee by ons gekry het. Amerikaners, het hy gesê, is die grootste tou- en lamppaalkunstenaars (d.w.s. kastyders of sg. lynchers) ter wêreld, en hulle staan by iedereen as sodanig bekend. Hy gebruik dieselfde metodes teen die Jode as wat ons teen die lojaliste van '76, die Indiërs, die Chinese aan die weskus, die negers, die Meksikane en die Filippyne gebruik het, en tewens elke hulpelose gemeenskap wat ooit in die verlede aan ons uitgelewer was.
    • Albert Jay Nock, "The Jewish Problem in America," in Atlantic Monthly van Junie 1941.
  • As Hitler die hel sou binneval, sal ek minstens 'n gunstige verwysing na die duiwel in die Laerhuis maak.
    • Winston Churchill aan sy persoonlike sekretaris John Colville op die vooraand van Operasie Barbarossa, die Duitse inval van die Sowjetunie in Junie 1941. Soos aangehaal deur Andrew Nagorski in The Greatest Battle (2007), Simon & Schuster, pp. 150-151. ISBN 0743281101
  • Hitler is 'n gedrog van boosheid, onversadiglik in sy bloedlus en plundersug. Onvergenoegd daarmee dat hy reeds die ganse Europa onder die knie het, of andersins tot verskillende vorme van onderdanigheid geïntimideer het, moet hy nou sy slagting- en verwoestingswerk na die groot menigtes van Rusland en Asië uitbrei. Die angswekkende militêre masjien – wat ons en die res van die beskaafde wêreld so dwaas, so gelate, so onbesonne toegelaat het om jaar na jaar uit byna niks deur die Nazi-bende opgebou te word – mag nie ledig staan nie, of dit sal roes of in stukke val. … Aldus moet hierdie bloeddorstige straatslyper sy gemeganiseerde leërs op nuwe slagtings-, plunder- en verwoestingsvelde loslaat.
    • Winston Churchill in 'n radio-uitsending rakende die Duitse inval van Rusland, 22 Junie 1941. Soos aangehaal in The Churchill War Papers: 1941 (1993), W.W. Norton, pp. 835-836. ISBN 0393019594
  • In hierdie oorlog koester ek 'n brandende persoonlike wrok – wat besmoontlik 'n beter soldaat van my op 49 sou maak as wat ek op 22 was – naamlik teen daardie swernoot van 'n klein ignoramus, Adolf Hitler. Want die eienaardige omtrent demoniese inspirasie en stukrag is dat dit op gener wyse die suiwer intellektuele statuur bevorder nie, maar oorwegend die blote wil affekteer. Dit krenk, ontaard, korrupteer en bring tot ewige vervloeking daardie edele noordelike gees, 'n opperste bydrae tot Europa wat ek immer bemin het en gepoog het om in sy ware lig uit te beeld.
    • J.R.R. Tolkien, soos aangehaal in The Letters of J. R. R. Tolkien, Nr. 45: Aan sy seun Michael Tolkien (9 Junie 1941).
  • Oortuigde voorstanders van die gepeupel sien in ‘vooruitgang’ 'n vertrosende utopie van feillose gemak en tegnisisme. Hierdie bekoorlike dog vae visioen het altyd 'n pseudoreligieuse vertroosting gebied aan miljoene euforiese gelowiges in ochlokrasie en die relatiewe volmaaktheid en wysheid van meneer en mevrou alleman. Utopies dien oor die algemeen as surrogate vir die hemel; dit bied karige troos aan die indiwidu dat sy lyding en opoffering aan toekomstige geslagte die chiliastiese paradys sal besorg. Kommunisme fungeer soortgelyk, en die kommunistiese millennium is so te sê identies aan dié van ochlokrasie. Die millennium van Lenin, die millennium van Bellamy, die millennium soos uitgebeeld in H.G. Wells se "Of Things to Come," die millennium van Adolf Hitler en van Henry Ford is almal dieselfde; hulle mag wel verskil in hul vermoë om dit te verwesenlik, maar hulle is dit almal eens om tegniese volmaaktheid en 'n klasselose of minstens totaal homogene samelewing, ontdaan van wrok of afguns, in die vooruitsig te stel.
    • Erik von Kuehnelt-Leddihn, onder die pennaam Francis Stewart Campbell (1943), Menace of the Herd, or, Procrustes at Large, Milwaukee, WI: The Bruce Publishing Company, pp. 35-36.
  • [Hitler is] 'n ware reductio ad absurdum van "progressiewe" denke.
    • Francis Stuart Campbell, pennaam van Erik von Kuehnelt-Leddihn (1943), Menace of the Herd, or, Procrustes at Large, Milwaukee, WI: The Bruce Publishing Company, p. 159.
  • By 'n diepgaande ondersoek van die nasionaal-sosialistiese ontstaangeskiedenis word 'n verbasende gebrek aan oorspronklike denke by die konsepte van Hitler ontbloot. Sy sterkte lê uitsluitlik in die slim aanwending van reeds bestaande tendense, idees en situasies. Dit is eie aan die aard van massaleiers dat hulle nie ‘oorspronklik’ kan wees nie, want die massaleier is noodwendig 'n virtuoos van gemeenplase, wat hy soms, of ook nie, as vermomde ‘nuwe ontdekkings’ mag opdiep. Die moderne diktator is nie daarop uit om reeds bestaande sienings en vooroordele te weerspreek nie, maar eerder om dit te beaam.
    • Francis Stuart Campbell, pennaam van Erik von Kuehnelt-Leddihn (1943), Menace of the Herd, or, Procrustes at Large, Milwaukee, WI: The Bruce Publishing Company, p. 201.
  • Adolf Hitler – ek is dit nie waardig om namens Adolf Hitler te praat nie, nóg om die leser tot enige sentimentele relaas van sy lewe en dade uit te nooi.
    Hitler was 'n vegter, 'n vegter vir die mensdom en 'n verkondiger van die evangelie van geregtigheid vir alle nasies. Hy was 'n hervormende karakter van die hoogste orde, en sy historiese lot was om in 'n tyd van weergalose brutaliteit te fungeer wat hom eindelaas tot 'n val gebring het.
    Sodanig kan die gewone Wes-Europeër vir Adolf Hitler beskou. En ons, sy hegte volgelinge, buig ons koppe eerbiedig by sy dood.
    • Knut Hamsun, die Noorse skrywer en Nobelpryswenner, doodsberig van Hitler gepubliseer in die aanduitgawe van 7 Mei 1945 van Aftenposten[2]
  • Adolf Hitler was 'n Johanna van Arkel, 'n heilige. Hy was 'n martelaar. Soos baie martelare het hy ekstreme sienings gehuldig.
    • Ezra Pound in 'n onderhoud met Edd Johnson, gepubliseer in die The Chicago Sun (9 Mei 1945)
  • Elke woord wat uit Hitler se mond kom is 'n leuen. As hy "vrede" sê, bedoel hy "oorlog", en wanneer hy die naam van die Almagtige godslasterlik aanwend, bedoel hy eintlik die mag van die bose, die gevalle engel, Satan. Sy mond is die vuil, reukende lakune van die hel en sy mag is in wese vervloek. Toegegee, ons moet op rasionele wyse 'n stryd voer teen die Nasionaal-Sosialistiese terroristestaat; maar wie ook al vandag nog twyfel aan die realiteit, die bestaan van demoniese kragte, het grondig misluk om die metafisiese agtergrond van hierdie oorlog te verstaan.
  • Vryheid en eer! Vir tien lang jare het Hitler en sy meeloper hierdie pragtige twee Duitse woorde vermink, verdraai en tot vervelens toe misbruik, soos net onbevoegdes wat die hoogste volkswaardes voor die swyne werp, in staat is. In die tien jaar van vernietiging van alle materiële en intellektuele vryheid, van alle morele substans van die Duitse bevolking, het hulle genoegsaam aangedui wat hulle onder "vryheid en eer" verstaan. Die vreesaanjaende bloedbad het selfs die domste Duitser se oë laat oopgaan. En dis 'n slagting wat hulle regoor Europa in die naam van "vryheid en eer van die Duitse volk" gepleeg het, en daagliks opnuut aanvoor.
  • Geskok en gebroke aanskou ons die verlies van die manne van Stalingrad. Driehonderd-en-dertigduisend Duitse manne is sinneloos en onnadenkend na hul dood en uitwissing gedryf deur die geïnspireerde strategie van ons voetsoldaat Eerste Klas van die Eerste Wêreldoorlog. Führer, ons bedank u!

Aanhalings na afloop van die Tweede Wêreldoorlog

[wysig]
Gesorteer volgens outeur
Dit was nié sy doelwit om mense dood te maak vir wat hulle gedoen het nie, maar vir wie hulle was. Selfs Mao en Stalin het hul 'klasvyande' doodgemaak. Hitler het egter 'n miljoen Joodse babas doodgemaak bloot omdat hulle bestaan het. ~ Nancy Gibbs
Cabell en Hitler was nie bewoners van dieselde heelal nie. ~ Alfred Kazin
  • Deur munt te slaan uit die materiële rykdom wat in 'n rasseoorlog geplunder en gekonfiskeer is, het Hitler se Nasionaal-Sosialisme 'n ongekende vlak van ekonomiese gelykheid bereik en omvangryke nuwe geleenthede geskep vir die opwaartse mobiliteit van die Duitse volk.
    • Götz Aly, Hitler’s Beneficiaries: Plunder, Racial War, and the Nazi Welfare State, New York: NY, Metropolitan Books (2007), pp. 7-8
  • Alhoewel sommige mense mag voel dat Adolf Hitler sleg was, was hy eintlik 'n groot man en 'n ware veroweraar wie se naam nooit vergeet sal word nie.
    • Idi Amin, soos aangehaal in The Evil 100 (2004) deur Martin Gilman Wolcott, p. 78.
  • Spiegel: Kan jy ook op hom wraak neem deur van komedie gebruik te maak?
Brooks: Ja, absoluut. Natuurlik is dit onmoontlik om wraak te neem vir die 6 miljoen vermoorde Jode. Maar met die medium van komedie kan ons probeer om Hitler van sy postume invloed en mithos te beroof. In ons uitvoering daarvan moet ons in gedagte hou dat Hitler wel sekere talente gehad het. Hy was immers in staat om 'n hele bevolking 'n rat voor die oë te draai sodat hulle hom as hul leier aangestel het. Hierdie rol was egter gans en al bo sy vuurmaakplek, maar sy tekortkomings het hy net verdoesel.
Spiegel: Was hy 'n goeie akteur?
Brooks: Ja, want hy het baie miljoene Duitsers oortuig. Dit is nie sonder goeie rede dat komedies oor Hitler dikwels wentel om die keuse van akteurs wat sy rol moet vertolk nie. Dink net aan Charlie Chaplin se “The Great Dictator” (1940) of Ernst Lubitsch se “To be or not to be” (1942). Daar bestaan geen twyfel nie, Hitler het in dieselfde vertakking as ons gewerk: die skepping van illusies.
Spiegel: In 'n dokumentêre film oor die ondergang van die Duitse slagskip die Bismarck, verwys die Amerikaanse regisseur James Cameron na Hitler as die 'grootste popster van sy tyd.'
Brooks: Daar is waarheid daarin. Hitler moes 'n magnetiese aantrekkingskrag gehad het, soos 'n rockster het hy sy stem gebruik om derduisende luisteraars te boei. Dit is dus net gepas as komiese akteurs toelaat dat hy die kalklig in wêreldgebeure steel. Ons verwyder die heilige erns wat hom altyd omring het en soos 'n kordon beskerm het.
  • In Hitler se beskouing was die Christengeloof 'n godsdiens wat net vir slawe sal deug; hy het veral die etiek daarvan versmaad. Die lering daarvan, het hy verklaar, was in opstand teen die natuurwette van seleksie deur stryd en die oorlewing ​​van die sterkstes.
    • Alan Bullock, Hitler: A Study in Tyranny; Harper Perennial Edition (1991) p. 218. Aanvanklik in 1952 gepubliseer.
  • Alhoewel Hitler inderdaad in sy wese rassisties en antisemities was, en 'n man wat sonder wroeging moord en volksmoord kon uitvoer, was hy ook 'n indiwidu met groot moed, 'n ware soldaat in die Groot Oorlog, 'n eersterangse politieke organiseerder, 'n leier met diepgaande kennis van Europese geskiedenis, wat oor 'n oratoriese vermoë beskik het wat ontsag ingeboesem het selfs by diegene wat hom verag het. ... Hitler se sukses was nie net aan sy buitengewone vaardighede te danke nie. Sy genialiteit was gesetel in die intuïtiewe aanvoeling van inskiklikheid, die persoonlikheidsgebreke, die lamsakkigheid van opponerende staatsmanne wat 'n skynmoraliteit wou handhaaf.
  • Hitler weer het die Christendom gesien as 'n tydelike bondgenoot, want volgens hom was iemand 'óf 'n Christen óf 'n Duitser'. Om albei te wees was onmoontlik. Nazisme was op sigself 'n godsdiens, 'n heidengodsdiens met Hitler as die hoëpriester daarvan. ... Sy hoë altaar was Duitsland self, benewens die Duitse volk, hul grond en woude, taal en tradisies.
  • Almal dink dat Hitler danksy sy leër aan bewind gekom het, omdat hulle bereidwillig was om dood te maak, en dit is deels waar, want in werklikheid word mag gevestig op doodsbedreiging en oneer. Maar tot 'n groter mate het hy mag verkry deur woorde, deur die regte woorde op die paslike tyd.
  • Orson Scott Card in Ender's Game, p. 131
  • Probeer om Hitler aan 'n kind te verduidelik.
  • As jy egter beeste vir melkopbrengs kan selekteer, resiesperde vir spoed en honde as wagters, hoekom sou dit dan onmoontlik wees om mense te selekteer vir wiskundige, musikale of atletiese vaardighede? Besware soos "dit is nie eendimensionale vermoëns nie" geld insgelyk vir koeie, perde en honde en het nog nooit iemand in die praktyk verhinder nie. Ek wonder of ons, ongeveer 60 jaar na Hitler se dood, minstens kan waag om te vra wat die morele verskil is tussen teling vir musikale vermoë en die dwing van 'n kind om musieklesse te neem. Of waarom dit aanvaarbaar is om vinnige hardlopers en hoogspringers op te lei, maar nie om 'n atletiese ras te genereer nie. Ek kan wel aan enkele antwoorde dink, en dit is goeie antwoorde wat my waarskynlik sou oorreed. Maar het die tyd nie aangebreek dat ons moet ophou om bang te wees nie, selfs nie om die vraag te stel nie?
    • Richard Dawkins in From the Afterword, The Herald Scotland (20 November 2006)
  • Adolf Hitler was miskien al die tyd verkeerd, maar oor een saak bly ek vas oortuig: hierdie man kon opgang maak van lanskorporaal in die Duitse leër tot Führer van 'n volk van bykans 80 miljoen. ... Hierdie sukses was genoegsaam bewys dat ek my aan hierdie man ondergeskik moes stel.
    • Adolf Eichmann, soos aangehaal in "The Eichmann Memoir" in The Personalist Volume XLII (1961).
  • As Hitler in die middel-dertigerjare te sterwe gekom het sou Nazisme besmoontlik onder leiding van 'n Göring 'n wesenlike verandering in verloop getoon het, en die Tweede Wêreldoorlog kon dalk afgewend word. Tog kon die mausoleum van Hitler, die stigter van 'n Nazi-godsdiens, 'n wellig nog groter euwel bewerk het as al die gruweldade, bloedvergieting en vernietiging van Hitler se oorlog.
    • Eric Hoffer, bl. 122 in hoofstuk 18: Good and Bad Mass Movements, The True Believer (1951)
  • Die name van Lenin, Stalin en Hitler sal immermeer verbind word met die ellendige verloop van Europese geskiedenis in die eerste helfte van die twintigste eeu. Slegs weke na die Russiese Rewolusie het die Bolsjewiste geheime polisiemagte op die been gebring wat enigiets wat onder die tsaar bestaan ​​het in brutaliteit oortref het. Die Nazi's het gevolg en was nouliks aan bewind toe hulle die gevreesde Gestapo ingestel het. Onder albei regimes is miljoene mense in konsentrasiekampe aangehou waar hulle gemartel is of deur dwangarbeid uitgemergel is.
    • Robert Gellately, Lenin, Stalin, and Hitler: The Age of Social Catastrophe (2007).
  • Hitler het meer suksesvol aan Lenin se totalitêre beloftes uiting gegee as Stalin, en ook beter as Mussolini, ...
    • François Furet, in The Passing of an Illusion, The Idea of Communism in the Twentieth Century, University of Chicago Press (1999), p. 205
  • Wat nuut was aan Hitler en Stalin, was dit wat Friedrich Meinecke naamlik in sy naoorlogse wroeging oor Hitler se morele nihilisme, 'n 'Machiavellianisme van die massas' noem.
    • François Furet, The Passing of an Illusion, The Idea of Communism in the Twentieth Century, University of Chicago Press (1999), p. 191
  • As al wat Hitler gedoen het maar was om mense grootskaals en meer effektief uit te wis as enigiemand tevore, sou die kwessie van sy nalatenskap daarmee afgehandel wees. Sy impak gaan egter verder as net sy bereidwilligheid om genadeloos dood te maak. Hy het iets gedoen wat die beskawing nog nie beleef het nie. Genghis Khan het in die nomadiese steppe-milieu opgetree, waar strooptogte op dorpe naamlik die norm was. Hitler kom egter uit die mees beskaafde samelewing op aarde, die land van Beethoven, Goethe en Schiller. Hy het homself nié ten doel gestel om mense dood te maak vir wat hulle gedoen het nie, maar vir wie hulle was. Selfs Mao en Stalin het hul 'klasvyande' doodgemaak. Hitler het egter 'n miljoen Joodse babas doodgemaak bloot omdat hulle bestaan het. ~ Nancy Gibbs
  • Die Führer het tydens ons onderhoud uitgebreid gesels oor die vegetariese vraagstuk. Hy glo meer as ooit tevore dat 'n vleisdieet skadelik vir die mensdom is. Natuurlik weet hy dat ons nie tydens die oorlog ons voedselekonomie grondig kan ontwrig nie. Ná die oorlog is hy egter van plan om ook hierdie probleem aan te pak. Miskien is hy reg. Die argumente wat hy aanvoer ten gunste van sy standpunt is beslis baie oortuigend.
  • Sover dit Hitler aangaan – ons het hom as 'n ware man beskou. Hy was maar 'n korporaal toe hy die Ysterkruis Eerste Klas in die Eerste Wêreldoorlog verwerf het. Dit was in daardie dae nogal 'n prestasie. Waar hy by vergaderings of samekomste gepraat het, het hy sy gehoor in die palm van sy hand gehad. Hy kon ons in 'n bui kry waar ons alles geglo het wat hy te sê gehad het, en met vurige entoesiasme daar weg is. Almal wat ek teëgekom het, het Hitler gerespekteer en vertrou, en ek het self ook hierdie gevoelens en menings gehuldig.
    • Standartenoberjunker Jan Munk van die SS
  • Hitler ... was 'n held, die held-as-monster, wat die monsteragtige fantasie van 'n volk verwoord het. Die verskrikking waarop hierdie radikale denkwyse en liberale temperament gegrond is, was egter sy kanalisering van die energie van die Duitsers, waardeur hy vir die twintigste eeu 'n indeks geskep het van die afgryse waartoe hierdie heimlike versugting kan afdaal.
  • Oor vyf honderd jaar sal dit nie Hitler wees wat ons onthou nie. Hitler het moontlik die eeu se agenda opgestel; hy was 'n soort draaikolk van negatiewe energie wat alles ingesuig het. Maar ek dink God neem feilbare mense soos Roosevelt of Churchill en smee hulle tot sy doeleindes. Oor vyf eeue sal ons terugkyk en sê dat die verhaal van die eeu nie dié van Hitler of Stalin was nie; dit was die voortbestaan ​​van die menslike gees in die aangesig van volksmoord.
  • Weet jy dat jou Führer 'n vegetariër is en dat hy weens sy algemene houding teenoor lewe en sy liefde vir die dierewêreld geen vleis eet nie? Weet jy dat jou Führer 'n voorbeeldige vriend van diere is, en dat hy selfs as kanselier nie afskeid geneem het van die diere wat hy al jare lank aanhou nie? ... Die Führer is 'n vurige teenstander van enige marteling van diere, veral viviseksie, en het hom voorgeneem om sulke praktyke te beëindig ... en sodoende sy rol te vervul as die redder van diere van hul ongekende en volgehoue mishandeling en pyniging.
    • Neugeist/Die Weisse Fahne (Die Wit Vaandel, 'n tydgenootlike pro-Nazi-kindertydskrif)
  • Mense vra my wie my helde is. Ek bewonder Hitler omdat hy sy land kon ophef toe dit in die vroeë dertigerjare in 'n aaklige toestand was. Maar die situasie hier [Viëtnam] is nou so desperaat dat een man nie sal deug nie. Ons het vier of vyf Hitlers in Vietnam nodig.
    • Nguyen Cao Ky in Julie 1965, in 'n onderhoud met die Daily Mirror.
  • Toe ek in my vaderland arriveer, ná al die stories oor Hitler, kon ek steeds nie in die voorste sitplekke van die bus ry nie, maar moes die agterdeur gebruik. Ek kon ook nie woon waar ek wou nie. Ek is weliswaar nie uitgenooi om Hitler die hand te gee nie, maar ek is ewenwel nie na die Withuis genooi om ons president te groet nie.
  • Toe ek die kansellier verbygaan, staan ​​hy op, waai sy hand na my, en ek waai terug na hom. Ek dink die skrywers het swak smaak geopenbaar in hul kritiek op die man van die oomblik in Duitsland.
  • Nazisme en fascisme is deeglik verslaan, maar ek moet erken dat hul nederlaag nie beteken dat barbarisme en brutaliteit verslaan is nie. Inteendeel, dit help niks om ons oë te sluit vir die feit dat hierdie haatlike idees iets van 'n oorwinning behaal het nie. Ek moet erken dat Hitler daarin geslaag het om die morele standaarde van ons Westerse wêreld af te skaal en dat daar in die wêreld van vandag meer geweld en wreedaardige mag manifesteer as wat selfs in die dekade na die Eerste Wêreldoorlog geduld sou word. En ons moet die moontlikheid in die gesig staar dat ons beskawing uiteindelik uitgedelg kan word deur daardie nuwe wapens wat Hitlerisme oor ons wou aanstel, miskien selfs binne die eerste dekade na die Tweede Wêreldoorlog. Die gees van Hitlerisme het ongetwyfeld sy grootste oorwinning oor ons behaal toe ons, ná die nederlaag daarvan, die wapens aangewend het wat die bedreiging van Nazisme ons genoop het om te ontwikkel.

Bronne

[wysig]
  • Norman H. Baynes, red. The Speeches of Adolf Hitler, April 1922–August 1939, Bande 1 en 2, Oxford University Press, 1942.
  • John Cornwell, Hitler's Pope: The Secret History of Pius XII, Viking, 1999.
  • Richard Steigmann-Gall, The Holy Reich: Nazi conception of Christianity, 1919–1945, Cambridge University Press, 2003.

Verwysings

[wysig]

Eksterne skakels

[wysig]

Videos

[wysig]