Verskil tussen weergawes van "Adolf Hitler"

Jump to navigation Jump to search
196 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
vertaal uit en
k
(vertaal uit en)
** "Hoekom Ons Anti-Semiete Is," toespraak van 15 Augustus 1920 in die Hofbräuhaus, München. "Why Are We Anti-Semites?", vertaal uit die ''Vierteljahrshefte für Zeitgeschichte'', 16de Jaargang, 4de H. (Oktober 1968), pp. 390-420. Onder redaksie van Carolyn Yeager. [https://carolynyeager.net/why-we-are-antisemites-text-adolf-hitlers-1920-speech-hofbr%C3%A4uhaus]
 
* Die Jode het ware genialiteit openbaar in die aanwending van politiek virtot eie voordeel. Hierdie kapitalistiese nasie wat deur gewetenlose uitbuiting van mense op die been gekom het, verstaan ​​hoe om die bestuur van die Vierde Mag in te palm; en deur regs sowel as links te handel, het dit sy apostels in albei kampe. Regs het die Jood sy bes gedoen om alle denkbare onheil dermate aan te por dat die landsburger, arme drommel, tot volslae radeloosheid gedryf word deur hul geldgierigheid, gewetenloosheid, kilhartigheid en afstootlike snobisme. En 'n toenemende getal Jode kon hulle by ons hoëlui inwurm, met die nagevolg dat die regerende klas van sy eie mense vervreem is.
**Toespraak in April 1922, soos aangehaal in ''A History of National Socialism'', deur Konrad Heiden, Methuen & Company Ltd, Londen: VK, 1934, p. 58.
 
** Hitler se onderhoud met Richard Breiting, 1931, gepubliseer onder redaksie van Edouard Calic, “First Interview with Hitler, 4 May 1931,” ''Secret Conversations with Hitler: The Two Newly-Discovered 1931 Interviews'', New York: John Day Co., 1971, pp. 36-37. Ook gepubliseer onder die titel ''Unmasked: Two Confidential Interviews with Hitler in 1931'', gepubliseer deur Chatto & Windus in 1971
 
* Dis van belangnoodsaaklik om 'n fundamentele idee van my party se ekonomiese program duidelik uit te lig; die idee van baasskap. Ek wil baasskap behou; Ek wil hê dat elkeen die eiendom behou wat hy vir homself bekom het volgens die beginsel: ''Voordeel aan die gemeenskap geniet voorrang bo voordeel vir die indiwidu.'' Maar die staat moet oorsig behou en elke eienaar van eiendom moet homself sien as een wat deur die staat aangestel is. Dit is sy plig om nié sy eiendom teen die beste belange van ander van sy eie mense aan te wend nie. Dit is die kruks van die saak. Die Derde Ryk sal altyd die reg voorbehou om eienaarskap van eiendom te beheer.
** In 1931, soos aangehaal in [https://books.google.com/books?id=kp3p_sIk8h8C&pg=PA303 ''Nazi Economics: Ideology, Theory, and Policy''] (1990), deur Avraham Barkai, pp. 26–27
 
 
* ''Es wird stets nur ein Teil eines Volkes aus wirklich aktiven Kämpfern bestehen, und von ihnen wird mehr gefordert, als von den Millionen der übrigen Volksgenossen. Für sie genügt nicht die blosse Ablegung des Bekenntnisses: «Ich glaube»; sondern der Schwur: «Ich kämpfe!»''
* Dit sal altyd net 'n fraksiebreukdeel van 'n volk wees wat uit aktiewe stryders bestaan, en van hulle word meer geëis as van hul miljoene orige volksgenote. Vir hulle is die blote aflegging van die bekentenis, "Ek glo", nie toerykend nie, maar slegs die eed "Ek sal stryd voer!"
** Toespraak tydens die Sesde Nazi-party Kongres te Nüremberg op 8 September 1934 [https://web.archive.org/web/20150605015000/http://campbellmgold.com/archive_esoteric/hitler_closing_speech_triumph_of_the_will.pdf].<br>Die film ''Triomf van die Wil'' bevat videomateriaal van hierdie uitspraak.
 
**[[w:Otto Strasser | Otto Strasser]], ''Hitler and I'', Boston: MA, Houghton Mifflin Company (1940) p. 93
 
* Ten spyte van die mate van samehorigheid wat steeds bestaan, speel persoonlikhede 'n toenemend belangrike rol in die hoër leierskap [van die Naziparty]. Hitler het miskien meer mag as tevore, maar hy is meer en meer 'n figuur wat hom van die werklikhede afsonder. Hy maak grootliks staat op [[:w:Rudolf Hess|Hess]], wat nou sy ware vertroueling is, en wat hy heel moontlik as sy Minister van Buitelandse Sake kan aanstel. [[:w:Hermann Göring|Göring]] en [[:w:Joseph Goebbels|Goebbels]] bly steeds getroue kamerade van Hitler en is ongetwyfeld tot hom verbonde, maar die verskil tussen die twee word gaandeweg meer opvallend. Goering is meer gematigd, terwyl Goebbels, in voeling met die temperament van die massas en 'n opportunis in die eerste instansie, meer radikaal word. As dit sou neerkom op 'n konfrontasie tussen die radikale en gematigde elemente, sal Goering besmoontlik aan die radikale kant na vore tree, en as die een met die beste vooruitsigte. [...] As hierdie regering aan bewind bly vir nog 'n jaar, en in dieselde maat op dieselde trant voortbou, sal dit baie doen om Duitsland 'n gevaar te maak vir wêreldvrede in komende jare.<br>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;Hierdie brief is baie onsamehangend omdatwant ek dikteer dit onder druk dikteer vir insluiting by die koerierpakkie. Wat ek eintlik wil sê, is dat hierdie land vir die hede 'n rigting ingeslaan het wat slegs die ruïnasie daarvan kan meebring, en 'n situasie sal skep wat wêreldvrede in gevaar stel. Enkele uitsonderings na is die manne wat hierdie regering lei, van 'n mentaliteit wat jy en ek nie kan verstaan ​​nie. Sommige van hulle is psigopatiese gevalle wat onder normale omstandighede iewers behandeling sal ontvang. Ander is verhewe en verkeer in 'n gemoedstemming wat geen rede ken nie. Die meerderheid is klaaglik onkundig en onvoorbereid vir die take wat hulle daagliks moet verrig. Die manne in die party en in verantwoordelike posisies wat werklik bekwaam is, en daar is heelwat van hulle, is magteloos omdat hulle die bevele van gesaghebbendes moet volg wat ly aan die abnormale psigologie wat tans in die land heers.
** [[w:George S. Messersmith|George S. Messersmith]], V.S. Konsul-Generaal te Berlyn, aan die V.S.A. se Onderminister van Buitelandse Sake, William Phillips, [http://udspace.udel.edu/handle/19716/6176 brief gedateer 26 Junie 1933]
 
**[[w:Carl Jung|Carl Jung]], ''The Symbolic Life'', 1939.
 
* Die wreedste ironie van almal het Hitler & kie egter vir daardie Duitse kapitaliste en kleinsakemanne uitgehou wat eens nasionaal-sosialisme ondersteun het as die reddingsplan wat Duitsland se burgerlike ekonomiese struktuur sou red van radikalisme. Die Nazi-credo dat die indiwidu aan die staat behoort, is ook op besigheid van toepassing. Sekere besighede is blootsummier onteien, terwyl op ander die ekwivalent van kapitaalbelasting gehef word. Winste is nou onder streng beheer. 'n Konsep van die groeiende owerheidsbeheer en -inmenging in besigheid kan gevorm word uit die waarneming dat 80% van alle bouwerk en die helfte van alle nywerheidsaanvraag in Duitsland oor die laaste jaar by die regering ontstaan het. In hul naarstige soeke na lewensmiddele, benewens fondse, het die Nazi-regime groot landgoede oorgeneem en in etlike instansies die landbou gekollektiviseer in 'n proses wat 'n fundamentele ooreenkoms met Russiese Kommunisme toon.
** Aangehaal uit Adolf Hitler: Man of the Year, 1938, in ''[[w:Time (tydskrif)|Time]]'', 2 Januarie 1939.
 
** [[w:Friedrich Kellner|Friedrich Kellner]], ''My Opposition'', dagboekinskrywing van 24 Oktober 1939.
 
* Dat Hitler die oorhand kon kry oor sy etlike teëstanders was aan die aantrekkingskrag van sy eie persoonlikheid te danke, iets wat mens selfs in die onbeholpe skryfstyl van ''Mein Kampf'' kan aanvoel, maar wat ongetwyfeld oorweerstaanbaar is wanneer mens na sy toesprake luister. Ek wil dit graag op skrif stel dat ek nooit 'n afkeer in Hitler kon koester nie. Toe hy aan bewind gekom het was ek egter nog, soos bykans almal op daardie tydstip, onder die wanindruk dat hy nie van enige belang was nie. Ja, ek sal hom beslis doodmaak as hy binne armlengte kom, maar dan nie uit enige persoonlike wrewel nie. Die feit is dat daar iets baie aanloklik aan hom is. Mens ervaar dit opnuut as jy sy foto's bekyk – en ek sal veral die foto teenoor die titelblad van die Hurst en Blackett-uitgawe aanbeveel, waar Hitler in sy vroeë Bruinhemde-dae uitgebeeld word. Dit wys 'n patetiese hondagtige gelaat, die gesig van 'n man wat onder ondraaglike vergrype gebuk gaan. In 'n wellig meer manlike opsig versinnebeeld dit die effek van ontelbare Christusse, elkeen as gekruisigde uitgebeeld, en daar bestaan kwalik twyfel dat Hitler homself ook so sien. Oor die beweegrede vir sy oorspronklike, persoonlike grief jeens die heelal kan daar maar gegis word; en tog is die grief daar. Hy is die martelaar, die slagoffer, Prometheus aan die rots vasgeketting, die selfopofferende held wat eiehandig teen geweldige oormagte stry. As hy 'n muis vermorsel, sou hy weet hoe om dit na 'n draak te laat lyk. 'n Mens voel, soos by Napoleon, dat hy 'n teen die noodlot rebelleer, en onmoontlik daarteen opgewasse is, maar tog om hierdie of daardie rede verdien om te wen. Die aantrekkingskrag van so 'n houding is natuurlik enorm; die helfte van die films wat 'n mens sien, wentel om so 'n tema.<br>Ook het hy die valsheid van die hedonistiese lewenshouding ingesien. Byna alle Westerse denke sedert die vorige oorlog, sekerlik alle 'progressiewe' denke, het stilswyend aanvaar dat mense niks meer as gemak, veiligheid en die vermyding van pyn nastrewe nie. In so 'n lewensbeskouing is daar byvoorbeeld nie ruimte vir patriotisme en militêre deugde nie. Die sosialis wat uitvind dat sy kinders met bliksoldaatjies speel, is gewoonlik ontsteld, maar hy kan nooit aan 'n plaasvervanger vir die soldaatjies dink nie; blik-pasifiste sal tog nie deug nie. Hitler, danksy sy eie vreugdelose verstand, ervaar dit met buitengewone potensie dat mense nié bloot met gemak, veiligheid, kort werksure, higiëne, geboortebeperking en nugtere denke in die breë tevrede is nie; hulle wil, minstens by uitsondering, stryd en selfopoffering hê, om nie te praat van tromme, vlae en lojaliteitsparades nie. Welke bestaansreg hulle ook al as ekonomiese teorieë mag verdien, is fascisme en nazisme psigologies baie meer houdbaar as enige hedonistiese lewensopvatting. Dieselfde geld waarskynlik vir Stalin se gemilitariseerde weergawe van sosialisme. Al drie die groot diktators het hul mag versterk deur hul volke ondraaglike laste op te lê. Terwyl sosialisme, en selfs kapitalisme op 'n meer omsigtige wyse, aan mense gesê het: "Ek bied jou 'n goeie tyd," het Hitler vir hulle gesê: "Ek bied jou stryd, gevaar en dood," en as nagevolg werp 'n hele volk hulself aan sy voete. Miskien sal hulle later moeg word daarvan en van plan verander soos aan die einde van die laaste oorlog. Na 'n paar jaar van slagting en uithongering is "Grootste geluk vir die oorgrote meerderheid" miskien 'n goeie slagspreuk, maar op hierdie oomblik is "Eerder 'n einde met afgryse as 'n afgryse sonder einde" 'n wenner. En noudat ons veg teen die man wat dit uitgedink het, moet ons nie die emosionele aanloklikheid daarvan onderskat nie.
<!--
** [[George Orwell]], [http://boingboing.net/2014/08/17/orwells-review-of-mein-kampf.html ReviewResensie ofvan ''Mein Kampf''] (March,Maart 1940).
* Dat Hitler die oorhand kon kry oor sy etlike teëstanders was aan die aantrekkingskrag van sy eie persoonlikheid te danke, iets wat mens selfs in die onbeholpe skryfstyl van ''Mein Kampf'' kan aanvoel, en wat ongetwyfeld oorweldigend is wanneer mens luister na sy toesprake. Ek wil dit graag op skrif stel dat ek nooit 'n afkeer in Hitler kon koester nie. Ever since he came to power—till then, like nearly everyone, I had been deceived into thinking that he did not matter—I have reflected that I would certainly kill him if I could get within reach of him, but that I could feel no personal animosity. The fact is that there is something deeply appealing about him. One feels it again when one sees his photographs—and I recommend especially the photograph at the beginning of Hurst and Blackett's edition, which shows Hitler in his early Brownshirt days. It is a pathetic, dog-like face, the face of a man suffering under intolerable wrongs. In a rather more manly way it reproduces the expression of innumerable pictures of Christ crucified, and there is little doubt that that is how Hitler sees himself. The initial, personal cause of his grievance against the universe can only be guessed at; but at any rate the grievance is there. He is the martyr, the victim, Prometheus chained to the rock, the self-sacrificing hero who fights single-handed against impossible odds. If he were killing a mouse he would know how to make it seem like a dragon. One feels, as with Napoleon, that he is fighting against destiny, that he ''can't'' win, and yet that he somehow deserves to. The attraction of such a pose is of course enormous; half the films that one sees turn upon some such theme.<br>Also he has grasped the falsity of the hedonistic attitude to life. Nearly all western thought since the last war, certainly all "progressive" thought, has assumed tacitly that human beings desire nothing beyond ease, security and avoidance of pain. In such a view of life there is no room, for instance, for patriotism and military virtues. The Socialist who finds his children playing with soldiers is usually upset, but he is never able to think of a substitute for the tin soldiers; tin pacifists somehow won't do. Hitler, because in his own joyless mind he feels it with exceptional strength, knows that human beings ''don't'' only want comfort, safety, short working-hours, hygiene, birth-control and, in general, common sense; they also, at least intermittently, want struggle and self-sacrifice, not to mention drums, flags and loyalty-parades. However they may be as economic theories, Fascism and Nazism are psychologically far sounder than any hedonistic conception of life. The same is probably true of Stalin's militarised version of Socialism. All three of the great dictators have enhanced their power by imposing intolerable burdens on their peoples. Whereas Socialism, and even capitalism in a more grudging way, have said to people "I offer you a good time," Hitler has said to them "I offer you struggle, danger and death," and as a result a whole nation flings itself at his feet. Perhaps later on they will get sick of it and change their minds, as at the end of the last war. After a few years of slaughter and starvation "Greatest happiness of the greatest number" is a good slogan, but at this moment "Better an end with horror than a horror without end" is a winner. Now that we are fighting against the man who coined it, we ought not to underrate its emotional appeal.
** [[George Orwell]], [http://boingboing.net/2014/08/17/orwells-review-of-mein-kampf.html Review of ''Mein Kampf''] (March, 1940).
 
<!--
*Hitler didn't snub me; it was [[Franklin D. Roosevelt|our president]] who snubbed me. [[Franklin D. Roosevelt|The president]] didn't even send me a telegram.
**[[Jesse Owens]], as quoted in [https://en.wikipedia.org/wiki/Special:BookSources/978-0-618-68822-7 ''Triumph: The Untold Story of Jesse Owens and Hitler's Olympics''] (2007), by Jeremy Schaap, New York: Houghton Mifflin Harcourt, p. 211.
** [[Slavoj Žižek]], ''In Defense of Lost Causes'' (2008), as quoted by Adam Kirsch, "The Deadly Jester", ''The New Republic'', December 2, 2008
-->
 
== Bronne ==
*Norman H. Baynes, red. ''The Speeches of Adolf Hitler, April 1922–August 1939'', Bande 1 en 2, Oxford University Press, 1942.
236

wysigings

Navigasie-keuseskerm