C.J. Langenhoven

Vanuit Wikiquote

Spring na: navigasie, soek

Cornelis Jacob Langenhoven (13 Augustus 1873 - 15 Julie 1932), ook bekend as C.J. Langenhoven en Sagmoedige Neelsie, Afrikaanse digter.

[wysig] Met bronne

  • Luister nou - daar is nie nog 'n ding of stof of selfstandigheid wat hom gedra soos water nie.
    • In die Nuwe Afrikaanse Kinderensiklopedie X aangehaal.

[wysig] Ons Weg deur die Wêreld

  • Hou jou glimlag vir jou vyand, jou trane vir jou vriend, jou hart vir jou ewemens, jou oordeel vir jouself en jou gewete vir jou God.
  • Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.
  • Moenie in jou lewenstyd jou besit onder jou kinders uitdeel nie. As hulle spandabel is, sal hulle dit verwaarloos en as hulle inhalig is, sal hulle jou verwaarloos.

[wysig] Sonder bronne

  • As die kortpad die beste was sou die hoofpad daar geloop het.
  • Aan elke silwer randjie is daar 'n wolk.
  • Beleefdheid is die hoedanigheid van hart wat die stukkende hekkie nie raak sien nie en die aandag vestig op die blomme in die tuin daaragter.
  • Behandel jou meerdere met beleefdheid omdat dit jou plig is, jou gelyke omdat dit jou plesier is, jou mindere omdat dit jou voorreg is.
  • Dieselfde water draai die wyse se meule wat die dwaas se grond verspoel.
  • Gee 'n man wat jy hom skuld voordat hy dit vra, en jou raad nadat hy dit gevra het.
  • Gekke en dwase skryf op mure en glase.
  • Jou kind sal sy geleerdheid nog by die skool agterlaat; sy opvoeding sal hom vergesel tot in die graf.
  • Liefde is nie kunsmatig nie.
  • Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.
  • Moenie vriendskap en besigheid meng nie- jy bederf albei.
  • Soos 'n skeermes in die hand van 'n aap, só is geleerdheid in die kop van 'n dwaas.
  • Wie liefde verwar met sinnelikheid, sien 'n engel aan vir 'n aap.
Persoonlike nutsgoed